Graaff-Reinet Advertiser

Vroue met vlytige vingers

- TERESA OPPERMAN

BURGERSDOR­P - 'n Groep vroue van Steynsburg, Burgersdor­p, AliwalNoor­d, Molteno en Hofmeyr het onlangs in Burgersdor­p bymekaarge­kom om die Slow Stitching-kursus by te woon. Volgens Almarie Meiring van Crazy Crafters is die kursus deur Lizl Peyper aangebied.

"Saterdagog­gend was die opleidings­lokaal by Crazy Crafters tjokkenblo­k vol met kreatiewe vroue wat dié tegniek kom leer en baasgeraak het," vertel sy.

Slow Stitching is wanneer daar kuns geskep word met naald en garing, presies soos 'n skildery met verf, ink en kwaste gevorm word. Die Afrikaanse term vir die kunsvorm is nie bekend nie, maar die groep in Burgersdor­p noem hul kunsvorm Stik-'ie-Stukkie.

Handstikwe­rk skep die mooiste, gedetaille­erde kunsartike­ls en nie een is ooit 'n duplikaat van die volgende nie. Kunstenaar­s het geen kreatiewe agtergrond nodig nie en daar is altyd meer as genoeg voorbeelde wat gevolg kan word.

"Ek versamel al linte, krale, kantjies, knope en talle lapflenter­tjies en borduurgar­e vir baie jare. Met hierdie kunsvorm benut ek elke flentertji­e en die voltooide artikel is soms vir myself 'n groot verrassing," deel Peyper mee.

"Elke persoon se eindproduk weerspieël haar eie smaak en die besige koppe het besige prente terwyl die rustiger vroue se kuns baie kalmerend is. Die belangriks­te is dat elkeen geniet wat sy maak en dat dit vir haar mooi is."

 ?? ??
 ?? ?? Anneke Potgieter het haar artikel eerste voltooi.
Inwoners van Hofmeyr sit en wag met hul troeteldie­re by die kliniek.
Anneke Potgieter het haar artikel eerste voltooi. Inwoners van Hofmeyr sit en wag met hul troeteldie­re by die kliniek.
 ?? ?? Besige koppe het besige prente.
Besige koppe het besige prente.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa