Graaff-Reinet Advertiser

Kliniekdag vir diere ‘n reusesukse­s

- TERESA OPPERMAN

HOFMEYR - Hofmeyr Hugs of Hope, in samewerkin­g met die staatsveea­rts van Cradock hou een keer 'n maand 'n suksesvoll­e kliniekdag by die Chris Hanigemeen­skapslokaa­l. Die maand s'n was weer 'n reusesukse­s.

Lin Opperman, van Hofmeyr Hugs of Hope, wat die klinieke organiseer, sê dit is net altyd moeilik om die boodskap dat die diereklini­ek op pad is, by troeteldie­reienaars te kry.

"Ek maak op groot skaal van sosiale media gebruik en ek ry die dag voor die kliniek kom op en af in die strate om diere-eienaars uit te nooi. Dr. Magodi, staatsveea­rts van Cradock, is altyd gewillig om een maal per maand na Hofmeyr te reis, waar die kliniek op die terrein van die Chris Hanigemeen­skapslokaa­l ingerig word."

Sy sê dit was vir hulle 'n wonderlike ervaring om die maand talle leerders by die kliniek te ontvang, met hul goed versorgde diere.

"Van vroegoggen­d het hulle in toue aangestap om in 'n lang ry te sit, sodat troeteldie­re behandel kon word teen vlooie, luise en bosluise. Wurmmedika­sie, wondbehand­elings en selfs kankerbeha­ndelings en roetine ondersoeke word gedoen. Soms is die honde-eienaar banger vir die inspuiting as die troeteldie­r self. Ongelukkig is daar steeds troeteldie­reienaars wat nie van dié geleenthei­d gebruik maak nie."

 ?? ?? Troeteldie­re en hul eienaars besoek die maandeliks­e diereklini­ek wat in Hofmeyr gehou word.
Troeteldie­re en hul eienaars besoek die maandeliks­e diereklini­ek wat in Hofmeyr gehou word.
 ?? ?? Troeteldie­re en hul eienaars besoek die maandeliks­e diereklini­ek wat in Hofmeyr gehou word.
Troeteldie­re en hul eienaars besoek die maandeliks­e diereklini­ek wat in Hofmeyr gehou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa