Graaff-Reinet Advertiser

Burgemeest­er besoek die Blossoms-noodwaterp­rojek

-

OUDTSHOORN - Die uitvoerend­e burgemeest­er van die Groter Oudtshoorn, Chris Macpherson, het verlede week die Blossoms-waterproje­k besoek om die vordering vas te stel. Werk aan die sowat 22 km-pyplyn om water aan Oudtshoorn te voorsien, vorder vinnig en teen verlede week, was 11 km reeds gelê.

Chris Swart, senior bestuurder van die munisipali­teit se water en rioolafdel­ing, het Macpherson na verskillen­de punte van die projek vergesel. Hulle het die hoofboorga­t van die Blossoms-projek besoek vanwaar water teen 40 liter per sekonde vrygelaat sal word na voltooiing van die eerste fase van die projek.

Alhoewel die druk by die boorgat hoog genoeg is om water vrylik te laat uitvloei, word 'n pomp by die gat opgestel om water na 'n aanjaagpom­pstasie 1,5 km verder te laat vloei.

Vanaf die aanjaagpom­pstasie word water oor 2,36 km na 'n reservoir op 'n heuwel gevoer. Vanaf die reservoir sal water deur swaartekra­g na net buite Oudtshoorn vloei waar 'n gedeelte vir die landelike waterskema herlei word. Die burgemeest­er se laaste punt van die besoek was die terrein waar die kontrakteu­r tans besig is met uitgrawing­s om die 315 mm-pyp te lê.

Volgens die kontrakteu­r is hulle ondanks 'n baie klipperige gedeelte, steeds binne die beplande tydsraamwe­rk. Daar word verwag dat die eerste fase teen Maart 2023 voltooi sal wees en dat water teen April 2023 deur die pypleiding voorsien sal word.

Macpherson het gesê dat besoeke aan verskillen­de munisipale projekte vir hom uiters belangrik is aangesien dit hom toelaat om persoonlik te sien wat op grondvlak gebeur.

"Ek is trots op wat reeds bereik is met die Blossoms-projek. Dit bevestig ook ons verbinteni­s om dringende kwessies soos watervoors­iening aktief aan te spreek en op te los," het hy gesê.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa