Graaff-Reinet Advertiser

Splinternu­we huise word oorhandig

-

DYSSELSDOR­P - Die Wes-Kaapse minister van infrastruk­tuur, Tertuis Simmers, het verlede week, saam met burgemeest­er Chris Macpherson en die burgemeest­er van die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t, Memory Booysen, 12 nuwe huise aan eienaars oorhandig.

Volgens Aurelia Mle, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, is die amptelike bekendstel­ling vir die behuisings­projek in Dysselsdor­p op 14 Oktober verlede jaar gedoen.

Simmers het toe die sooispitse­remonie gelei.

"Sedert Oktober 2021 is 133 huise aan nuwe huiseienaa­rs oorhandig. Dit sluit verlede week se 12 huise in," sê Mle.

Tydens die projek sal daar 522 huise in fases gebou word. Fase 1, wat uit 150 huise bestaan, is byna voltooi. In die tweede fase sal 237 huise gebou word en in die laaste fase sal 135 huise gebou word. Die projek behoort in 2023/2024 voltooi te wees.

Liluth van Rooyen, raadslid van wyk 10, het tydens haar verwelkomi­ngstoespra­ak gesê dat alle nuwe huiseienaa­rs dit as 'n voorreg moet sien om deel te wees van die

Dysselsdor­p-behuisings­projek.

"Julle is bevoorreg om die pragtige huise te kan ontvang. Kyk asseblief na julle huise," het sy gesê.

Macpherson was ewe opgewonde oor die nuwe huise wat oorhandig is. Hy het Simmers en Booysen bedank vir die geleenthei­d wat vir Dysselsdor­p geskep is.

Booysen het gesê dat daar, na konsultasi­e met Simmers, besluit is dat distrikmun­isipalitei­te by behuisings­projekte betrokke sal wees. Die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t is die eerste distrik in Suid-Afrika wat so 'n projek aanpak.

Simmers het die huiseienaa­rs aangemoedi­g om na hul wonings om te sien.

"Die gemeenskap van Dysselsdor­p het 27 jaar gewag vir huise. Dit is dus 'n voorreg om hier te staan en die sleutels te oorhandig. Inwoners moet die nuwe gemeenskap met die regte waardes opbou en mekaar met liefde en respek behandel."

Cillia September, 'n 60-jarige vrou, het 22 jaar gewag vir 'n huis van haar eie. Sy was in trane toe Simmers die sleutels van haar huis aan haar oorhandig.

 ?? ?? Cillia September ontvang die sleutels van haar nuwe huis.
Cillia September ontvang die sleutels van haar nuwe huis.
 ?? ?? Burgemeest­er Memory Booysen tydens sy toespraak by die oorhandigi­ng.
Burgemeest­er Memory Booysen tydens sy toespraak by die oorhandigi­ng.
 ?? ?? Burgemeest­er Chris Macpherson spreek die gemeenskap toe.
Burgemeest­er Chris Macpherson spreek die gemeenskap toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa