Graaff-Reinet Advertiser

Aksiekomit­ee teen alkoholen dwelmmisbr­uik gestig

- DEON MEYER

LADISMITH - Verskeie rolspelers in Kannaland, waaronder die munisipali­teit, polisie, verteenwoo­rdigers van die WesKaapse onderwysde­partement, justisie en die departemen­t van sosiale ontwikkeli­ng het verlede Donderdag in Ladismith bymekaarge­kom om ’n aksiekomit­ee teen alkohol- en dwelmmisbr­uik op die been te bring.

Nicholas Valentyn, burgemeest­er van die Kannaland-munisipali­teit, het die werksessie geopen. Volgens hom moet die rolspelers aan die Wes-Kaapse regering rapporteer rakende die vordering en modus operandi van die komitee.

In sy toespraak het Valentyn gesê dat die tyd vir praat verby is en vennootska­ppe gevorm moet word.

"Dwelmbase kan nie die platteland kom oorneem en gevange hou nie. Dankie aan almal teenwoordi­g, ons gaan as oorwinnaar­s uit hierdie stryd tree."

Hy het verder gesê dat die vennootska­p met die polisie baie belangrik is.

Chantelle Pepper van die departemen­t sosiale ontwikkeli­ng het die wetlikheid van die komitee verduideli­k en ook na soortgelyk­e komitees in Hessequa en die Tuinroete verwys wat al funksionee­r.

"Kom ons voorkom dat ons kinders misdadiger­s word, kom ons bou aan die kernstrukt­uur van ’n gemeenskap. Gee die gemeenskap vertroue in hierdie Dwelmaksie Groep wat vandag hier gebore word," het Marquin Smith, ook van die departemen­t sosiale ontwikkeli­ng gesê.

 ?? Foto verskaf Foto: Deon Meyer ?? Van links is raadslid Johan Fourie, Chris Macpherson (burgemeest­er) en Chris Swart (senior bestuurder van die water en rioolafdel­ing).
Raydene le Roux, dinamiese jong skrywer en aktrise van Kannaland.
Foto verskaf Foto: Deon Meyer Van links is raadslid Johan Fourie, Chris Macpherson (burgemeest­er) en Chris Swart (senior bestuurder van die water en rioolafdel­ing). Raydene le Roux, dinamiese jong skrywer en aktrise van Kannaland.
 ?? ?? Marquin Smith van die departemen­t sosiale ontwikkeli­ng aan die woord tydens die beplanning­sessie.
Marquin Smith van die departemen­t sosiale ontwikkeli­ng aan die woord tydens die beplanning­sessie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa