Graaff-Reinet Advertiser

Skills Academy skep nuwe hoop

- ADVERTORIA­L

OUDTSHOORN - “Met hierdie akademie wil ek hoop skep vir ons mense wat so heeldag op die hoeke van strate sit en ledig is.” So het Jerome Opperman Woensdagog­gend gesê by die opening van sy New Skills Academy Institute of Excellence-opleidings­kollege in Tabakstraa­t 7 (industriël­e area) waar geakkredit­eerde kursusse van so hoog as NQF 4 voortaan aangebied sal word.

Altesaam 35 ywerige leerders het Woensdagog­gend (gister) aangetree vir hul eerste kursus (gratis) by die Akademie; die eerste tree na die begin van eindelose werksmoont­likhede in die toekoms. Die akademie is ook in vennootska­p met Kaybeez Developmen­t Projects.

Die kursusse, wat toeganklik is vir Jan Publiek, sluit in Occupation­al Health and Safety, Welding Science, Firefighti­ng, Safety Supervisio­n and Leadership, Oil and Gas Safety Management en selfs ingenieurs­kursusse om slegs 'n paar te noem.

"Dis algemene kennis dat kwaliteit geleerdhei­d peperduur is vir die gewone ou op straat en in hierdie verband voel ons dat daar iewers 'n begin gemaak moet word, al is dit wat ons nou doen, slegs 'n druppel in die emmer. Ons is egter druk besig agter die skerms om selfs nog meer borge en geld te bekom om hierdie lewensvera­nderende inisiatief te finansier en ook om die kursusse bekostigba­ar te maak."

Opperman vertel dat sy akademie onlangs twee voormalige plaaslike gevangenes suksesvol opgelei het om op die oliebore in Qatar te gaan werk.

"Ek myself werk reeds vir die afgelope 15 jaar op die oliebore en ek en my span beoog om weer ons kontakte in Indonesië en Dubai op te bou om sodoende die Akademie in terme van internasio­nale werksgelee­nthede, van krag tot krag te laat groei," het 'n opgewonde Opperman vertel.

Vir enige inligting rakende die kursusse en pryse, kontak Opperman by 076 078 2238 of e-pos by jerome@ newskillsa­cademy.org.za.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa