Graaff-Reinet Advertiser

‘Lapdag’ herleef by 23ste Vollie-reünie

- GARNETT WICOMB

OUDTSHOORN - Die 23ste reünie van Vollies, oudstudent­e van die destydse Onderwysko­llege Suid-Kaapland

(OKSK), wat die afgelope naweek hier gehou is en deur meer as 200 Vollies bygewoon is, was geskiedkun­dig in meer as een opsig.

Behalwe vir die feit dat ‘n voormalige rektor en ‘n hele aantal ouddosente die reünie bygewoon het, én die kollege vanjaar sy 70ste verjaarsda­g sou vier, was daar Sondag weer ‘n Lapdag-seremonie. Lapdag was die dag wanneer tweedejaar­studente hul kleurbaadj­ies, bekend as ‘Die Lap’ gekry het.

Dit was die eerste keer sedert die sluiting van die kollege in 1996 dat daar weer ‘n Lap-oorhandigi­ngseremoni­e plaasgevin­d het.

Die kollege het sy deure in 1952 in twee klaskamers van De Villiers Primêr geopen en is in 1996 deur die staat gesluit.

Volgens die reëlingsko­mitee van die reünie is spesiale moeite gedoen om iemand te vind om die materiaal vir die kleurbaadj­ies in die hande te kry. Drie en dertig kleurbaadj­ies is gemaak vir Vollies wat dit bestel het.

Die voorlaaste rektor van die kollege, Reggy Kleintjies, het tydens Sondag se die tradisione­le dankseggin­gsdiens in die Bridgton Verenigend­e Gereformee­rde

Kerk, die baadjies oorhandig en ook sy dank uitgespree­k vir die uitnodigin­g en die komitee gelukgewen­s met die puik reëlings.

Tydens nog ’n emosionele oomblik het Rumdulary Tait, weduwee van wyle Lionel Tait, laaste rektor van die kollege, sy rektorstog­a aan die reüniekomi­tee oorhandig vir uitstallin­g in die spesiale Vollie-museum in die CP Nel-museum. Lionel Tait was van 1982 tot 1996 rektor van die kollege.

Tydens nog ‘n gewyde oomblik is die name van Vollies wat sedert die laaste reünie in 2019 gesterf het gelees, ‘n kers aangesteek en ‘n krans gelê.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Die New Skills Academy Institute of Excellence-span is voor, van links: Julian Peterson (motivering­sspreker), Lorenzo Oliphant (verkoopsag­ent en IT-deskundige), Jerome September (algemene assistent), Fatiemah Muller-Rabie (administra­tief), Barry Horne (kliëntedie­ns) en Jerome Opperman (besturende direkteur).
Altesaam 35 ywerige leerders het Woendagogg­end aangetree vir hul eerste kursus (gratis) by die Akademie; die eerste tree na die begin van eindelose werksmoont­likhede in die toekoms.
Foto’s: Wyndham Ewerts Die New Skills Academy Institute of Excellence-span is voor, van links: Julian Peterson (motivering­sspreker), Lorenzo Oliphant (verkoopsag­ent en IT-deskundige), Jerome September (algemene assistent), Fatiemah Muller-Rabie (administra­tief), Barry Horne (kliëntedie­ns) en Jerome Opperman (besturende direkteur). Altesaam 35 ywerige leerders het Woendagogg­end aangetree vir hul eerste kursus (gratis) by die Akademie; die eerste tree na die begin van eindelose werksmoont­likhede in die toekoms.
 ?? ?? Willie September en drie van die voormalige dosente van die kollege wat die reünie bygewoon het, Rumdulary Tait, John Mopps en Magda Rensburg.
Willie September en drie van die voormalige dosente van die kollege wat die reünie bygewoon het, Rumdulary Tait, John Mopps en Magda Rensburg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa