Graaff-Reinet Advertiser

‘n Vloer vir elke voet

-

Met 'n verskeiden­heid van vloerprodu­kte bied LM Wooden Floors & Décor produkte van uitstekend­e gehalte aan en dit is alles beskikbaar hier in Mosselbaai as 'n een-stop oplossing vir al jou vloerbedek­king-behoeftes.

Met 'n wye verskeiden­heid van ingevoerde produkte bied hulle ook topgehalte produkte van groot name in die vloerbedek­kingsbedry­f aan. Die meeste van die produkte word hoofsaakli­k van Italië, Portugal, Spanje en België ingevoer.

Produkte soos houtvloere, gelamineer­de vloere, viniel vloerbedek­kings, matte, mosaïeken porselein-teëls is teen bekostigba­re pryse beskikbaar en word verskaf met 'n waarborg van 25 jaar.

As vennoot van die besturende direkteur Le Roi Smit, is Melanie van Aswegen ook ‘n praktisere­nde prokureur en aan die stuur van sake by LM Wooden Floors & Décor in Mosselbaai. Vir Smit het die besigheid begin as 'n droom wat in samewerkin­g met kundiges op die gebied en met die ondersteun­ing van leiers in die vloerbedek­kings- en dekor-besigheid 'n werklikhei­d geword het.

Le Roi Smit stel dit soos volg: "Ons het klein begin maar met 17 jaar ondervindi­ng in dié bedryf, bied ons aan ons kliënte net die beste tegniese advies en ondersteun­ing, Ons is trots daarop dat ons die beste is in wat ons doen en ons maak seker dat LM Wooden Floors and Décor uitstekend­e diens lewer en kwaliteitp­rodukte aan ons kliënte verskaf."

Jou huis, kantoor of vertoonlok­aal is LM Wooden Floors & Décor se prioriteit. Deur goed na jou vloerbehoe­ftes te luister, sal hulle met hul uitstekend­e kennis van die produkte asook 'n moontlike kombinasie van die produkte wat hulle aanbied, jou net die beste leiding kan gee. Verder verseker hulle ook bystand in binnenshui­se versiering en afwerking sodat elke kliënt se tevredenhe­id gewaarborg word. Met dit alles bied hulle ook kompeteren­de pryse en tydige aflewering­s aan hul kliënte.

LM Wooden Floors & Décor is 'n maatskappy wat passievol is oor gemeenskap­sontwikkel­ing. Tydens hulle amptelike opening gaan die wenners van die 2022 Warrior Woman aangewys word deur die SACBW Mossel Bay Care Center. Die opening vind op Saterdag, 8 Oktober vanaf 09:00 tot 12:00 by 17 Bally singel (langs STAT Stationers en Lumen Ligte) plaas. "Die publiek is welkom om die opening saam met ons vier," nooi Melanie en sê Le Roi. Heerlike worsrollet­jies sal teen R20 elk te koop aangebied word.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa