Graaff-Reinet Advertiser

Golden Oldies maak klaar op tandemfiet­s

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Toe twee deelnemers nie meer aan die fietswedre­n, Ride the Karoo, tussen 23 en 25 September kon deelneem nie, was Elbé (70) en John (73) Kruyt, eienaars van United Paints and

Pool, se name volgende op die waglys om aan die wedren deel te neem. Dié wedren het Vrydagaand om 19:00 op die plaas Dwarsvlei, naby Middelburg weggesprin­g. Hulle het die 141 km wat oor drie dae opgedeel was, met 'n tandemfiet­s voltooi.

Elbé en John is ywerige fietsryers en ervare stappers wat al 120 km in die Naukluftwo­estyn in Namibië afgelê het, en voeg Elbé by dat dit met 'n swaar rugsak was. Elbé sê dat hulle baie opgewonde was oor die Ride the Karoo-wedren en dat die snaaksste ding vir haar wat hulle moes saamneem, oorpluisie­s was.

"Seker maar om die gesnork van 320 fietsryers te demp, want die tentjies waarin ons geslaap het, het teen mekaar gestaan."

Vrydagaand met die eerste skof van 20 km, was ons "gewapen" met fiets- en kopligte, vertel Elbé.

“Daar was net ou voetslaanp­aaie en nuwe paadjies wat met ‘n plaasimple­ment gemaak is, sonder veel sukses. Dit was uiters tegnies en jy veg om bo-op die fiets te bly."

Die Saterdag het hulle 76 km met 'n klim van 660 m afgelê. Volgens Elbé was daar vyfsterwat­erpunte op die skof met die lekkerste koeksister­s, dadelbolle­tjies, lemoenskyw­e, Coke en water.

Die Sondag was daar 48 km om af te lê en vertel sy dat hulle gedink het dat dit sommer gou sou gaan. “Hier sluk ons die grootste wind nog ooit en ons klim 520 m met sig-sag-paaie wat net ervare ryers kon ry. Ons het soos 'n ry miere op en af teen die berg geloop.”

Dit was by die volgende waterpunt wat hulle die eerste keer gehoor het dat dag drie die moeilikste roete van die Ride the Karoo is.

Met die prysuitdel­ing het Elbé en John die Golden Oldies-toekenning ontvang en volgens haar is almal verbaas dat hulle dit nog boonop op 'n tandemfiet­s voltooi het, sonder om een keer te val.

"Streng gesproke weet niemand, en nie eens ons twee, hoe ons dit reggekry het nie, but we did it."

 ?? Foto: Ewald Sadie van ShiftMedia ?? John en Elbé Kruyt, eienaars van United Paints and Pool wat die Golden Oldies-toekenning by die Ride the Karoo ontvang het.
Foto: Ewald Sadie van ShiftMedia John en Elbé Kruyt, eienaars van United Paints and Pool wat die Golden Oldies-toekenning by die Ride the Karoo ontvang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa