Graaff-Reinet Advertiser

Inwoners raadop met watertoevo­er en hoë waterreken­inge

- ALEX LOMBAARD

ABERDEEN - Inwoners is raadop met die gebrek aan watertoevo­er in die dorp.

"Ek noteer elke dag wat ons sukkel met water. Van 1 tot 9 Oktober was daar nie een dag ordentlik lopende water in ons krane nie," sê een van die inwoners.

Aberdeen se watertoevo­er is afhanklik van pompe wat water uit boorgate in tenks pomp. Nie net is die kapasiteit uiters beperk nie, maar die pompe skakel af wanneer daar geen elektrisit­eit is nie. Dan moet dit later fisies weer aangeskake­l word. Tydens beurtkrag werk die pompe nie en moet dan telkens ná beurtkrag weer aangeskake­l word. Dikwels word dit eers ure ná beurtkrag aangeskake­l. Teen daardie tyd het die tenks reeds leeggeloop.

"Maar selfs met geen beurtkrag nie, droog die krane ook op soos hierdie afgelope naweek weer," sê gefrustree­rde inwoners.

Verskeie Aberdeners loop ook deur onder hoë maandeliks­e waterreken­inge. Een eienaar het een maand 'n rekening vir 120 kℓ watergebru­ik ontvang en die volgende maand vir 85 kℓ.

Clive Kombani, plaaslike munisipale­areabestuu­rder, het op navraag aan Graaff-Reinet Advertiser bevestig dat die uitgangspu­nt inderdaad is dat watermeter­s akkuraat is en daarom moet verbruiker­s wat beweer meterlesin­gs is foutief, dit bewys.

"Ons meters is reg, maar as iemand reken dit is nie, moet hulle dit aanmeld.

Ons verwyder dan die meter en toets dit. Indien dit egter toets as akkuraat, moet die verbruiker dan die koste vereffen om die meter uit te haal en te toets. As dit foutief is, vervang ons dit," sê Kombani.

Nog 'n inwoner is onlangs vir 24 kℓ water se gebruik gefakturee­r. Volgens haar kon sy onmoontlik daardie hoeveelhei­d water gebruik. Omdat sy bewus is dat daar dikwels meer lug as water in die pype is, het sy videomater­iaal geneem van die effek wat die swak watertoevo­er op die meter het.

In die video blaas lug deur die pyp met afwisselen­de storting van spoegsels water so tussendeur, terwyl die meter teen verstommen­de spoed draai.

Kombani se reaksie hierop was dat hy bewus is van die probleem met lug in die waterpype, maar dat die munisipali­teit se tegniese span hom verseker het dat die watermeter­s slegs water meet, nie lug nie. "Die meters is sodanig vervaardig en gekalibree­r dat dit stilstaan wanneer lug deur die pyp beweeg. Slegs as daar water deurgaan, loop die meter. Inwoners wat buitenspor­ige waterreken­inge ontvang of probleme met watertoevo­er ervaar moet dit by die munisipali­teit aanmeld sodat dit ondersoek kan word," het Kombani gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa