Graaff-Reinet Advertiser

PARC-petisie is goedgekeur

- WYNDHAM EWERTS Glen Snyman

OUDTSHOORN - Die Nasionale Raad van Provinsies het onlangs 'n petisie deur die drukgroep PARC (People against Race Classifica­tion) goedgekeur.

PARC, onder leierskap van Glen Snyman, eis reeds vir die afgelope 12 jaar dat die term "coloured/kleurling" uit alle Suid-Afrikaanse, regerings en privaat maatskappy­dokumentas­ie geskrap moet word en dat rasgroepe onder 'n enkele term "Afrikaan" geklassifi­seerd moet word om diskrimina­sie op grond van pigmentasi­e, hok te slaan.

Die leuse van PARC is "I am not a coloured, black, Indian or white person, I am a South African."

Benewens die feit dat die Nasionale Raad die Menseregte­kommissie ses maande gee om navorsing te doen oor die kwessies en terugvoeri­ng te gee aan die raad, is daar ook bevind dat 'n nasionale debat in parlement gevoer moet word om erkenning te gee aan die identiteit­e van inheemse gemeenskap­pe.

Die woord coloured of kleurling is volgens Snyman deur die destydse apartheids­regering afgedwing en die gebruik van die woord, verdoesel ook inheemse bevolkings­groepe soos die Khoi en San.

Snyman beskou die nuutste nasionale verwikkeli­nge ten opsigte van PARC se missie, as 'n oorwinning, en sê dat hy dankbaar is dat die stryd halfpad gewonne is.

Snyman het ook sogenaamde "wit mense" aangemoedi­g om hul ware identiteit as "Afrikane" te omhels omdat daar nie meer na die rasgroep soos vroeër jare as "Europeërs" verwys word nie. "Op hierdie manier word daar eienaarska­p geneem van hul Afrika-herkoms," het Snyman verduideli­k.

Die geskiedeni­s van rasseklass­ifisering kan nageslaan word by www.camissamus­eum. co.za of alternatie­welik by PARC se webtuiste www.parcsa.co.za.

 ?? ??
 ?? ?? Lede van PARC tydens ‘n vorige demonstras­ie.
Lede van PARC tydens ‘n vorige demonstras­ie.
 ?? Foto verskaf ??
Foto verskaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa