Graaff-Reinet Advertiser

Los Angeles wink vir Suid-Kaap-sterre

- MICHELLE PIENAAR

Drie talentvoll­e musikante het uitsonderl­ik presteer tydens die afgelope SA kampioensk­ap van die uitvoerend­e kunste (Sacopa) wat van 30 September tot 8 Oktober in Rustenburg gehou is. As alles volgens plan verloop mag 'n paar Suid-Kaap-sterre dalk by die wêreldkamp­ioenskap in Los Angeles skitter.

Die jongste uitvoerend­e kunstenaar, Maja Snyman (15), se plek is egter verseker met 'n ten volle betaalde reis vir haar deelname aan die WCOPA in LA volgende jaar van 24 Julie tot 6 Augustus. Hierdie vyftienjar­ige violis en pianis van Glentana, wat by McKinlay Reid Internatio­nal Academy in George skoolgaan, is gekies as die algehele junior wenner oor al vyf kategorieë (dans, drama, instrument­aal, modelwerk, vokaal). Sy is ook die wenner van die instrument­ale afdeling vir juniors.

Die sanger en liedjieskr­ywer, Christo Esterhuize­n (31), is die algehele senior wenner vir die vokale afdeling (mans en vroue), asook die wenner van die vokale afdeling vir senior mans.

Die Pacaltsdor­per, Veronique Ferndale (35), is gekroon as die wenner van die vokale afdeling vir senior vroue.

Ander uitblinker­s sluit in Brandon Swart (24) van George, Anuchka Henning (26) van Oudtshoorn, Arancha Fortuin (26) van Sedgefield, Romé van Drutten (16) van Riversdal, Sasha-Mari Grobler (16) en haar sussie Wanya Grobler (10) van Stilbaai, Mieke Clee Matthee (18) van Stilbaai, Anjanke van Wyk (18) van Stilbaai, Dané Westcott (10) van Stilbaai, Nea-Lize Routenbach (11) van Stilbaai, Uné van Zyl (32), 'n dansonnie van Knysna, met haar leerders: Katelyn Hofmann (12), Izabella Belshcer (12), Chantelle Krige (17), Lomso Xokozela (13), en laastens Abby Erasmus (24) van Knysna.

"In ag genome dat sowat 3 000 inskrywing­s vir die kompetisie ontvang is, met ongeveer 17 000 verhoogite­ms, is hierdie 'n uitstekend­e oes vanuit ons distrik," het Annerie Snyman, een van Sacapo se streeksdir­ekteure vir die Tuinroete, gesê.

Vanuit die Tuinroete-omgewing is 11 deelnemers gekies om deel te neem aan die wêreldkamp­ioenskap in Los

Angeles, waarvan 10 hul eie befondsing of 'n borgskap moet bekom. Kostes beloop ongeveer R120 000 per deelnemer. Vir meer inligting kontak Elmarie Grobler (streeksdir­ekteur) by 082 496 2842 of Karen Kretschmer (agent) by 073 056 0662.

Na aanleiding van 'n vraag oor haar groot prestasie, het Maja gesê dit is 'n ongeloofli­ke moeilike kompetisie om te wen, omdat daar soveel items is en vyf verskillen­de uitvoerend­e kunsvorms met mekaar meeding.

"Dit is haar vierde jaar van deelname en sy het hierdie jaar baie hard gewerk en met 'n kombinasie van baie ure se oefen, tegniese uitdagende items en deursettin­gsvermoë, het sy dit reggekry om met die groot prys weg te stap," het Annerie Snyman gesê. Maja se boodskap aan ander is om in jouself te bly glo: "Bly gemotiveer­d en as jy iets wil bereik, gaan daarvoor met alles wat jy het, terwyl jy steeds nederig bly."

Christo is die laaste paar jaar voltyds musikant, nadat hy vir jare as 'n beplanner en projekbest­uurder in die petro-chemiese bedryf gewerk het. Hy beskryf dié wenervarin­g as een van die wonderliks­te gevoelens van sy lewe. "Ek het nie geweet waarvoor ek myself inlaat nie. My doel was net om die span te maak vir die wêreldkamp­ioenskap - om in LA te kan optree," het hy gesê.

Annerie Snyman geniet haar rol as talentsoek­er - sy is immers die een wat Christo oortuig het om deel te neem: "Ek het 'n passie om talent raak te sien en vir mense kanale te gee waardeur hulle dit kan ontwikkel. Ek hou daarvan om te sien hoe hulle blom wanneer die geleenthei­d daar is. Sacopa is 'n baie veilige platform waar mense hulle talente kan uitleef sonder om gekritisee­r en afgekraak te word. Ons elkeen glo tog dat ons tot iets wonderliks in staat is, ons moet dit net ontdek."

 ?? ?? Sien ’n video en foto’s by www.oudtshoorn­courant.com
Anuchka Henning van Oudtshoorn (twee goue en een silwermeda­lje in die vokaal-afdeling).
Sien ’n video en foto’s by www.oudtshoorn­courant.com Anuchka Henning van Oudtshoorn (twee goue en een silwermeda­lje in die vokaal-afdeling).
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa