Graaff-Reinet Advertiser

2002-matrieks van Bridgton Sekondêr hou reünie

- WYNDHAM EWERTS

OUDTSHOORN - Die 2002-matrieks van Bridgton Sekondêr (BSS) het verlede Saterdag hul 20 jaar-reünie in Oudtshoorn gevier. Die reünie het met ’n ontbyt by Route 62 Restaurant begin. Daarna is daar heerlik by T-Bow Lounge gekuier gevolg deur 'n spitbraai by die skool.

Verskeie onderwyser­s het ook deelgeneem aan die ontbyt waar ondermeer skoolgrapp­ies vertel is en ook selfies geneem is. Tydens die toesprake het die oudleerder­s erkenning gegee aan die positiewe impak wat die skool op hulle lewens gehad het en dat hulle altyd trotse Zibi’s sal bly.

Die destydse skoolhoof, Albie Ellman, was die gasspreker en het trots gesê dat dit 'n groot voorreg vir hom was om duisende kinders as sy eie te kon beskou en met behulp van 'n pligsgetro­ue en talentvoll­e skoolperso­neel, hulle ‘n regverdige kans in die lewe kon gegee het.

Met sy aftrede wat vanjaar 30 September begin het, het oudonderwy­ser Jerome Jantjies op sy beurt gedeel van sy passie vir kinders en onderrig en hoe dit tans vereis word van die moderne onderwyser om aan te pas soos die tye verander.

Dié leerlinge van 2002 is deel van 'n baie spesiale groep wat eerste onafhankli­k van BSS geword het en die destydse Bridgton Junior Sekondêr (nou Aurial Kollege) geopen het.

Hulle het daarom ook erkenning gegee aan Phillip Stalmeeste­r wat toe die skoolhoof was. As deel van 'n klein gebaar van waardering het die oudleerder­s ook geskenkies oorhandig aan die onderwyser­s teenwoordi­g.

'n Kers is ook aangesteek ter nagedagten­is aan medeleerde­rs en onderwyser­s wat oor die jare heengegaan het. Die 2002-matrieks sien nou entoesiast­ies uit na die volgende reünie.

 ?? Foto verskaf ?? Die 2002-matrieks van Bridgton Sekondêr (BSS) het verlede Saterdag hul 20 jaar-reünie in Oudtshoorn gevier.
Foto verskaf Die 2002-matrieks van Bridgton Sekondêr (BSS) het verlede Saterdag hul 20 jaar-reünie in Oudtshoorn gevier.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa