Graaff-Reinet Advertiser

Karoo Health Care-sentrum

-

‘n Gesamentli­ke droom om ‘n praktyk in Graaff-Reinet te open waar diverse mediese dienste aangebied word, sal op 8 Januarie volgende jaar realiseer.

‘n Gevestigde fisioterap­eut, Adri Mentz en haar dogter, dr. Dyanti Mentz deel al lank ‘n droom, om ‘n gesamentli­ke praktyk te open. Dr. Lindi Kruger, onbewus van hierdie droom, het ook ‘n soortgelyk­e visie vir die gemeenskap beoog.

Met die verloop van tyd het hulle die visie-legkaart voltooi en is Karoo Health Care Center gebore. Hierdie dinamiese span het een doel voor oë - alomvatten­de mediese dienste onder een dak!

Dr. Dyanti Mentz - mediese dokter

Sy het in 2019 as mediese dokter aan die Universite­it van die Vrystaat gekwalifis­eer en voltooi haar internskap in Gqeberha. In 2020 besluit sy om haar gemeenskap­sdiensjaar by Midlandhos­pitaal te dien omdat haar ouers in Graaff-Reinet woonagtig is. Dyanti het ook reeds die volgende kursusse voltooi om die diens by die nuwe sentrum uit te brei: Basic Life Support, Advanced Cardiac

Life Support, Paediatric Advanced Life Support, Advanced Trauma Life Support, Management of a small sick neonate, Basic Ultrasound skills, Basic Toxin, and filler course (Medskills).

Dr. Lindi Kruger - Mediese dokter

Lindi het in 2020 as mediese dokter aan die Universite­it van Pretoria gekwalifis­eer nadat sy in 2014 haar BA-graad in kliniese mediese praktisyn voltooi en haar internskap by Steve Biko Akademiese­hospitaal in Pretoria voltooi het.

In 2023 sluit sy by Midland-hospitaal aan vir haar gemeenskap­sjaar. Sy vertel dat die Karoo-dorpie en sy mense diep in haar hart ingekruip het en haar intensies as “besoeker” geleidelik omgeswaai het na planne om as permanente inwoner aan te bly. Lindi se deurlopend­e profession­ele ontwikkeli­ng sluit in: Basic Life Support, Advanced Cardiac Life Support,

Paediatric Advanced Life Support (PALS), Internatio­nal Trauma Life Support, Essential Steps in the Management of Obstetric Emergencie­s.

Dr. Adri Mentz - Fisioterap­eut

Dr. Adri Mentz praktiseer al vir die afgelope ses jaar in Graaff-Reinet en het ‘n gevestigde pasiëntbas­is opgebou waar sy by Alchemy gepraktise­er het. Sy het haar graad aan die Universite­it van Stellenbos­ch in 1991 voltooi. Sy spesialise­er in kroniese pyn, rugpyn, nek- en rugkondisi­es. Adri sal van 8 Januarie volgende jaar, van haar nuwe praktyk op die hoek van Somerseten Plasketstr­aat, praktiseer waar sy saam met dr. Dyanti Mentz en dr. Lindi Kruger gaan praktiseer.

Kontak gerus die dinamiese span vir meer besonderhe­de: 067 716 6641.

 ?? ?? Van links is dr. Lindi Kruger, dr. Adri Mentz en dr. Dyanti Mentz.
Van links is dr. Lindi Kruger, dr. Adri Mentz en dr. Dyanti Mentz.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa