Graaff-Reinet Advertiser

Living Ball kuier in Hofmeyr

- Teresa Opperman

Gedurende die week van 4 tot 8 Desember het Franna en Charmaine Cilliers van Living Ball besoek aan Hofmeyr gebring. Die geleenthei­d het deel gevorm van ‘n vakansie-uitreikaks­ie deur NG Kerk Hofmeyr-gemeente vir al die skoolkinde­rs in Hofmeyr-distrik.

“Die leuse vir die dorp se 150ste bestaansja­arviering is immers ‘koester ons kinders’,” sê ds. Ferdi Gouws.

“Die hulpleiers, almal jongmense uit die Hofmyer-distrik, het Maandag 4 Desember opleiding aangaande die doel en werkwyse van Living Ball, ontvang. Na die oggendsess­ie se opleiding is daar begin om die kinders deur balspele besig te hou. Balle is rondgegooi, geskop en aangegee - dis sommer op allerlei maniere met mekaar gedeel. Alles onder die leiding van die hulpleiers en Franna se toesig. Al hierdie aksies het met die deel van die

Evangelie gepaard gegaan,” sê Gouws.

Hy vertel verder dat die hele aksie een groot belewenis vir almal was. “Die kinders se gesigte het gestraal van vreugde en daar is elke dag met oorgawe gespeel en gelag. Dit was voorwaar ‘n geseënde week.”

Vrydagogge­nd, 8 Desember, het die groep kinders en jongmense, as deel van die uitreikaks­ie die dorp met swart sakke ingevaar - hulle het papiere, plastiekho­uers en bottels opgetel. “Sakke vol - en hulle dit met vreugde en oorgawe gedoen.”

Die kinders het ook gehoor van die goeie nuus van Jesus Christus se koms na hierdie wêreld.

“Jesus loves me,

Jesus loves my family,

Jesus loves my friends,

Jesus loves Hofmeyr.”

Daar word beplan om volgende jaar op dié fondasie wat hierdie week gelê is met Living Ball voort te bou.

 ?? Foto’s: ds. Ferdi Gouws ?? Balspele in Laerskool Hofmeyr se skoolsaal wat deur Living Ball se groepleier­s aangebied is.
REGS: Groot opgewonden­heid was deel van elke dag.
Foto’s: ds. Ferdi Gouws Balspele in Laerskool Hofmeyr se skoolsaal wat deur Living Ball se groepleier­s aangebied is. REGS: Groot opgewonden­heid was deel van elke dag.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa