Middelafhanklikheid onder die loep
“Rehabilitasiekapasiteit in SuidAfrika is beperk in vergelyking met bevolkingsbehoeftes, dit staar baie uitdagings in die gesig, maar aan die ander kant ook geleenthede vir verbetering,” sê Kobus Botha, DA-parlementslid en skaduminister vir maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap. Die Advertiser het met Botha gaan gesels oor die onderwerp.
“Toestande soos werkloosheid, armoede, gebrek aan ontspanningsfasiliteite, en om deur middelmisbruikers omring te wees, lang skofte te werk, en hoë stresvlakke as gevolg van gesinsprobleme asook verveling, kan alles bydraende faktore tot dwelmmisbruik wees. Byna elke gesin in Suid-Afrika, ongeag hul agtergrond of oortuigings, is op een of ander manier deur verslawing geraak. Substance Use Disorder (SUD) is ‘n komplekse toestand waarin daar onbeheerde gebruik van ‘n stof is ten spyte van skadelike gevolge.”
Hy meld ook dat met die afgelope dekade se toename in die voorkoms van dwelmgebruiksversteurings en dwelmverwante sterftes in landelike gebiede, daar egter toenemende internasionale erkenning is dat die probleem van dwelm- en ander middelgebruik na alle omgewings regoor die wêreld versprei het.
Suid-Afrika het ‘n hoë koers van dwelmmisbruik, veral onder jongmense, wat sowel binne- as buiteskoolse jeug insluit. Dit word verder vererger deur sosio-ekonomiese uitdagings, jeugwerkloosheid, gebrek aan opvoedkundige en ontspanningsgeriewe in Suid-Afrika.
Inligtingverspreiding moet verbeter en bewustheid en kennis verskaf word van die aard en omvang van middelmisbruik, verslawing en die uitwerking daarvan op individue, gesinne en gemeenskappe om wetgewing, voorkomingsprogramme en gepaardgaande diens te versterk.
“Om effektiewe strategieë en programme te verseker, moet noue samewerking en koördinering bestaan tussen wetstoepassers, behandelingsverskaffers en voorkomingspersoneel om dwelmmisbruik en verwante probleme aan te spreek.”
Rehabilitasie
SUD-bestuur het vier afsonderlike fases wanneer die behandelingsproses hanteer word: inname, detoksifikasie, rehabilitasie en nasorg, of deurlopende herstel.
Rehabilitasie is ‘n komplekse veld van operasie en bestuur en vereis ‘n omvattende sorg-evaluering. Gesondheidstelselmislukkings, wat nie voldoende bestuur en insluiting volg deur provinsiale planne en beleide wat SUD in ons provinsie integreer nie, veroorsaak agteruitgang van rehabilitasieoprogramme.
“Rehabilitasiesentrums kan enigiets van so min as R7 000 tot R70 000 per maand per persoon in Suid-Afrika kos terwyl die verhoging van die aantal rehabilitasiesentrums regoor die provinsie nie die enigste pad vorentoe is nie. Een so ‘n strategie is om dwelmmisbruikvoorkomingsprogramme te verhoog om die ontwikkeling van probleme wat verband hou met die gebruik van psigo-aktiewe middels te beperk.
“Middelgebruiksversteuring is ‘n erkende mediese breinafwyking wat verwys na die gebruik van onwettige middels, soos dagga, heroïen, kokaïen of metamfetamien of die misbruik van wettige middels, soos alkohol, nikotien of voorskrifmedisyne.
“In ‘n hoogs ongelyke samelewing soos Suid-Afrika, moet rehabilitasiepakkette van sorg ontwerp en gelewer word op ‘n wyse wat toegang tot rehabilitasie vir die mees
“Rehabilitasiesentrums kan enigiets van so min as R7 000 tot R70 000 per maand per persoon in SuidAfrika kos”.
kwesbare en sosio-ekonomies behoeftige gemeenskappe en individue ondersteun.
Dit is noodsaaklik om diegene wat aan dwelmversteurings ly en hul gesinne met respek en empatie te behandel.
“Ons moet ‘n soliede multidissiplinêre rehabilitasie-werksmag ontwikkel, finansiering vir rehabilitasie uitbrei en datainsameling en navorsing verbeter,” sê Botha.