Graaff-Reinet Advertiser

‘Quilts in a Church’

- Teresa Opperman

Nieu-Bethesda is bekend as ‘n dorpie vir kuns en kunssinnig­heid en van 13 tot 16 Desember kon die publiek na die Quilts in a Church-uitstallin­g, wat in die meer as 140 jaar oue NG Kerk uitgestal is, gaan kyk het.

Antoinette Kriel het die idee gehad om dié talent en vaardighei­d van kwilt- en tekstielku­ns hier uit te stal en dit was vanjaar die derde keer wat die uitstallin­g gehou is.

“Die droom om hier uit te stal het in 2017 begin toe ek in die kerkgebou ingestap het. Die kerkraad het toestemmin­g gegee en die eerste uitstallin­g het in Desember 2019 in die pragtige kerkgebou plaasgevin­d,” sê Kriel.

Kriel is ‘n lid van die Dias-kwiltersgi­lde in die Gqeberha-omgewing asook ‘n lid van die Outeniqua-kwiltersgi­lde in die Georgeomge­wing.

Die sowat 80 kwilte wat uitgestal is, is deur lede van die twee gildes gemaak.

Die kleur- en storierryk­e bedkwilte is op die banke en teen die galerye uitgestal met ‘n paar muurkwilte vir die beperkte muurruimte.

Om die ruimte in die kerk optimaal te benut, word daar ook elke keer van satellietu­itstalling­s gebruik gemaak. Hierdie jaar is die twaalfde Suid-Afrikaanse Kwiltersgi­lde se reisende uitstallin­g, A Stitch in Time, asook tekstielku­ns met die tema, Stories deur Tape (Textile Artists PE) uitgestal. Fab (Fibre Artists of the Bay) het hulle installasi­e met die tema, Reimagine, uitgestal.

Hierdie uitstallin­g is voorwaar ‘n hoogtepunt in Nieu-Bethesda en elke naaldwerke­r en tekstielli­efhebber behoort die geleenthei­d by te woon. “Die kwilte is elkeen ‘n inspirasie,” sê Kriel.

 ?? ?? Talle kwilte wat oor die kerkbanke van die ou NG Kerk gegooi is om deur die publiek besigtig te word.
Talle kwilte wat oor die kerkbanke van die ou NG Kerk gegooi is om deur die publiek besigtig te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa