Graaff-Reinet Advertiser

OPGEWONDE OOR KERSFEES

- SONIA WAHL - redakteur

As kind het ons nie regtig Kersfees gevier nie, daar was doodeenvou­dig net nie geld vir uitspattig­e geskenke en versiering­s nie. Maar ek onthou een Kersfees wat my ouers groot gegaan het. Ek moes seker so vier jaar oud gewees het. Net voor Kersfees het ons vier kinders een oggend wakker geword, en in ons voorhuis het 'n wit Kersboom so hoog soos die plafon gestaan.

Daaraan was die mooiste glas engeltjies gewees; dik stringe groen versiering­s en rooi balle het die boom afgerond. Dit is hier waar ek, die jongste van vier, geleer het wat dit is om terug te staan; want kyk ons almal wou die pragtige groot ster boop die boom gehang het.

Ons was natuurlik te kort en pa moes een van ons optel om dit staan te maak op die hoogste piek van daardie Kersboom. My oudste broer het die voorreg gekry en dit was 'n aaklige dag vir die ander drie van ons; maar so het ons geleer van rangorde!

'n Magdom geskenke het die volgende oggend onder die reusagtige Kersboom uitgebroei - toegedraai in die mooiste, kleurvolst­e papier.

Ek kon vir ure by die geskenke sit en my verwonder aan die mooi papier. So het Kersdag aangebreek en is geskenke uitgedeel en oopgemaak.

Ons vier is sitgemaak op die bank en elkeen het sy geskenk ontvang en begin oopmaak. Dis ook waar ek geleer het van persoonlik­hede, want my broers het die papier afgeskeur en ek en my suster het dit versigtig afgehaal sodat ons later van die prentjies kon gebruik.

Dit is hartseer, maar ek kan nie onthou wat een van ons daardie dag gekry het nie, en ja, dit laat my weer dink. Die lewe het geweldig materialis­ties geword en kinders leer van vroeg af to keep up with the Joneses.

Geskenke raak elke jaar duurder en groter en later is die verwagting­e van party net te groot. Wat seker die meeste in my gedagtes ingeëts is, is pa wat amper net so sterk en lank soos daardie boom was, sy liefdevoll­e hande wat die geskenke uitgedeel het en sy gesig wat gestraal het van trots om ons vier op daardie bank te sien sit.

Die Kersfees hoop ek dat elkeen 'n mooi memory gaan maak en onthou, sodat wanneer die verlange tydens Kerstyd te erg raak, jy net jou oë kan toemaak om die mooi te onthou. Geseënde Kersfees vir 'n ieder en 'n elk, en mag julle huise gevul word met liefde en onthou oomblikke.

Groete, Sonia Wahl

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa