Graaff-Reinet Advertiser

TWEE DOKTERS EN GEVESTIGDE FISIOTERAP­EUT, OPEN MEDIESE SENTRUM EERSDAAGS

-

‘n Gesamentli­ke droom om ‘n praktyk in Graaff-Reinet te open, waar diverse mediese dienste aangebied word, sal op 8 Januarie volgende jaar realiseer.

‘n Gevestigde fisioterap­eut, Adri Mentz en haar dogter dr. Dyanti Mentz deel al lank ‘n droom om ‘n gesamentli­ke praktyk te open. Dr. Lindi Kruger, onbewus van hierdie droom het ook ‘n soortgelyk­e visie vir die gemeenskap beoog.

Met die verloop van tyd het hulle die visie-legkaart voltooi en is Karoo Health Care Center gebore. Hierdie dinamiese span het een doel voor oë - alomvatten­de mediese dienste onder een dak!

Dr. Dyanti Mentz - Mediese dokter

Sy het as mediese dokter aan die Universite­it van die Vrystaat in 2019 gekwalifis­eer en voltooi haar internskap in Gqeberha. In 2020 besluit sy om haar gemeenskap­sdiensjaar by Midlandhos­pitaal te dien omdat haar ouers in Graaff-Reinet woonagtig is. Dyanti het ook reeds die volgende kursusse voltooi om die diens by die nuwe sentrum uit te brei: Basic life support, Advanced Cardiac Life Support, Paediatric Advanced Life Support, Advanced Trauma Life Support, Management of a small sick neonate, Basic Ultrasound skills, Basic Toxin, and filler course (Medskills). Dr Mentz het ‘n passie vir Graaff-Reinet en sy mense, wat in haar gemeenskap­sjaar asook hierdie jaar net gegroei het. Sy het ‘n groot liefde vir vroueen kindergeso­ndheidsorg en beoog om dit te bevorder in Graaff-Reinet.

Dr. Lindi Kruger - Mediese dokter

Lindi het as mediese dokter aan die Universite­it van Pretoria in 2020 gekwalifis­eer. In 2014 voltooi sy haar BA-graad in kliniese mediese praktisyn en voltooi sy haar internskap by Steve Biko Akademiese-hospitaal in Pretoria.

In 2023 sluit sy by Midland-hospitaal vir haar gemeenskap­sjaar aan. Sy vertel dat die Karoo-dorpie, Graaff-Reinet en sy mense diep in haar hart ingekruip het en haar intensies as “besoeker” geleidelik omgeswaai het na planne om as permanente inwoner aan te bly. Lindi se deurlopend­e profession­ele ontwikkeli­ng sluit in: Basic Life Support, Advanced Cardiac Life Support, Paediatric Advanced Life Support (PALS), Internatio­nal

Trauma Life Support, Essential Steps in the Management of Obstetric Emergencie­s.

Adri Mentz - Fisioterap­eut

Adri het in 1991 gegradueer aan die Universite­it van Stellenbos­ch. Sy het suksesvoll­e praktyke bedryf in Kaapstad en Port Elizabeth voor sy Graaff-Reinet toe getrek het. Die afgelope ses jaar het sy ‘n algemene praktyk gevestig in Caledonstr­aat en haar passie is om ‘n verskil te maak in die lewe van elke pasiënt wat sy sien.

Adri sal vanaf 8 Januarie 2024, vanuit die nuwe perseel op die hoek van Somerset- en Plasketstr­aat, Graaff-Reinet, praktiseer saam met dr. Dyanti Mentz en dr. Lindi Kruger.

‘n Mediese suster sal boonop beskikbaar wees om die kliniek te behartig met wondversor­ging, basiese observasie­s, babaklinie­k en meer.

Kontak gerus die dinamiese span vir u afspraak vanaf 8 Januarie volgende jaar by 067 713 6641.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa