Graaff-Reinet Advertiser

TWEEDE STEM Woefies

-

Ek het ook 'n huishondji­e, van twyfelagti­ge agtergrond. "Fudgie" se ma is 'n geregistre­erde Yorkshire terrier en sy pa was 'n vinnige vreugde. Fudgie lyk soos 'n blokkie fudge, en het die tipiese Yorkshire terrier persoonlik­heid, en pas my op, elke oomblik van die dag. Fudgie is nie 'n reisiger nie.

Sy matrassie lê voor die kaggel en wanneer dit winterkoud is word hy in 'n dik kombers toegerol tot iets buite roer. Dan maak hy sy teenwoordi­gheid met 'n op-en-wakker blaffie bekend.

Ons moet toe 'n voertuig laat diens in Desember en omdat ons gestrand en voertuiglo­os in die grote stad land, gaan sit ons by die Ultra City. Daar is kos, toilette, genoeg koffie en baie beweging. Ons gaan sit so dat ons die grasperke kan dophou waar vakansiega­ngers stop om hul honde en ander troeteldie­re 'n draailoopk­ansie te gee. Wat 'n ervaring! Ek besef baie vinnig dat enige gastehuis en restaurant wat hulself as troeteldie­rvriendeli­k beskryf, beslis 'n humorsin moet hê, asook baie insig en geduld.

‘n Ouerige model rooi Golf met 'n GP-registrasi­enommer stop eerste. Die bestuurder is beslis effe ouer as ek, maar sy klim flink uit, stap om die motor met 'n leiseltjie in haar hand en maak die passasiers­deur oop. Op die sitplek, op 'n pienk fluweelkus­sing, sit daar 'n bol wit wol. "Kom Snowy, dis piepietyd," sê sy. Snowy laat hom of haar heel gewillig ingord en word saggies opgetel en gedra met leisel en al tot op die gras. Die maltesertj­ie weet beslis om vinnig die draai te loop want dit wil lyk of sy eienaar ook al knyp. Snowy loop sy draai en skop so effe agterop, maar voordat daardie spierwit pootjies van die gras kan aftrap is hy reeds weer in ounooi se arms en hulle verdwyn na binne. Kort voor lank kom Snowy en sy mensgenoot uit en hulle deel 'n draairoomy­s. Toe Snowy teruggesit word in die motor, word sy pootjies - wat ek regtig nooit op die grond gesien het nie - met 'n wet wipe afgevee en sy ma soen hom sodat sy die ekstra roomys van sy klam neusie kan aflek.

Kort daarna hou 'n 4x4 met 'n Vrystaatre­gistrasien­ommer stil. 'n Sterkgebou­de, bruingebra­nde, stewige boer met 'n Boerboelbr­oekie, so kort duskant 30 jaar oud, klim uit en sy skaaphond spring saam uit. Daar is geen leiseltjie in sig nie en toe die boer sy koffiebeke­r uithaal en die orige koffie op die gras uitgooi, toe verstaan ek sy missie en sy visie. Maar met sy wegstap gee hy net een opdrag aan die skaaphond terwyl hy die bakkie se deur ooplos. "Soek die kat!" Daardie skaaphond hol so drie sirkels om die bakkie en vat die pad na die omheinings­grense van die grasperkie en snuffel die wêreld deur, duidelik op soek na 'n kat wat hy nog nie gevind het nie. Teen die tyd dat Boerboelbr­oekie met sy koffiefles­sie uitkom, is daai skaaphond gedaan en sy tong hang op die grond. Ek wonder wat sou 'n arme kat se lewenslot gewees het as een dalk in die omgewing was? En toe hy so wegry, toe sê my wederhelft­e, "ek hoop nie daai ou se meisie het 'n kat nie!"

Laatmiddag beleef ons 'n ander affêre. 'n Spoggerige Amarok-dubbelkaju­it van die kus se kant af hou stil. Twee besonder netjies geklede jongmanne klim uit. Hierdie twee gaan vakansie hou, besef ons, want die bagasie agterop spreek boekdele van waterliefh­ebbers. Hulle klim so saam-saam uit met hul ontwerpers­onbrille, sonskerm, skitterbli­nk horlosies, Hawaiin print-hemde en styfpassen­de geskeurde jeans en tekkies. Soos in 'n ingeoefend­e aksie maak beide die bakkie se agterdeure oop.

Twee spierwit poedels, gepoeier en met geverfde toonnaels, klim uit, reeds met pienk diamanté leibande aan. Toe die twee op die teerparkee­rplek land, reën die poeier soos stuifmeel neer en dit ruik regtig te heerlik. Die een jongman gaan koop toe die melkskomme­ls en loop sy draai terwyl die ander een die twee troetelhon­de hul draaie laat loop. Nadat hulle die melkskomme­ls opgedrink het (want dis duidelik dat daar nie in daardie dubbelkaju­it met sy spierwit skaapvel-sitplekoor­treksels geëet of gedrink word nie) het die ander een sy draai binne gaan maak.

Toe dit tyd raak om die pad terug aan te durf is die twee majestieus­e koninklike poedels se sitplekke eers uitgeskud en met 'n vars lagie poeier besprinkel voordat die twee dames teruggekli­m het - ek vertrou hulle is mettertyd verlos van hul diamanté leibande.

Nou stel ek myself dié klomp gaste by 'n gastehuis voor en ek wonder: "Weet die dierbare gastehuise­ienaars waarvoor hulle hulself inlaat wanneer hulle hul gastehuis as dierevrien­delik bemark?"

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa