Graaff-Reinet Advertiser

BRUINGEBRA­NDE LYWE EN SEESAND IN JOU KAR

-

Vakansiety­d het vir die grootste gros van werkers tot 'n einde gekom, en vir sommiges is bruingebra­nde lywe en seesand in die kar nou net 'n vae herrinerin­g van 'n heerlike somervakan­sie.

Ek was ook die vakansie bevoorreg om in die feestyd 'n paar dae by die see saam met Bloedjie en die liefde te kon spandeer. Dit was baie opvallend om te sien dat die strande weer besig is en mense ingeryg sit soos sardientji­es - pure lekkerte om te sien dat alles weer na "normaal" teruggekee­r het.

Dié vakansie het ek besef dat daar 'n paar tipes strandgang­ers is: die met kinders, die enkellopen­des en die surfers.

Eersgenoem­de het so 'n entjie weg van my af met 'n ooglopend oorlaaide bakkie tot stilstand gekom. Toe die bakkie stop, peul daar seker vyf klein lyfies uit die verkoelde voertuig uit. Hulle begin onmiddelik soos hasies op die warm teer rondspring en almal begin plakkies soek om aan te trek om dit tot op die warm seesand te maak.

Daarna kry elkeen iets om te dra. Afhangende van hul ouderdom, het ek aangeneem, word hulle soos pakdonkies gelaai met koelsakke, handdoeke, sonsambrel­e, swemtoerus­ting, ekstra kossakke, sonskerm en hoedjies.

En ek het so by myself gewonder: is dit dalk om te help dra dat hulle so baie kinders by hulle het, of is die lyfies die rede hoekom daar so baie is wat gedra moet word?

Die lyfies is eers staangemaa­k voor die bakkie en, so lyk dit, die leviete vir hulle voorgelees. Elkeen begin toe hulle pad oopbeur met die bagasie om 'n stukkie seesand vir hulself toe te eien vir die dag.

Hier pluk een van die ouers 'n bottel sonskerm uit die menigte sakke uit en begin die kinders, in geen spesifieke volgorde, met sonskerm insmeer - gesigte, arms, bene en ore kry 'n ordentlike laag van die middel, want, neem ek aan, niemand wil met 'n sonverbran­de kind sit nie. Ek sit en kyk die spulletjie so terwyl daar 'n gazebo opgeslaan word om die sonskermly­fies 'n lafenis te bied teen die hittige son.

Net so 'n entjie weg stop daar 'n Polo en 'n jongerige man klim uit met net sy swembroek aan. Hy pluk 'n wet suit uit die kattebak uit, trek dit in rekordtyd aan, gryp sy branderpla­nk op die dak en daar gaan hy.

Dis die ander tipe, steur hom nie aan sonskerm nie, geen sambrele, handdoeke of fieterjasi­es nie - hy het een doel voor oë en dis om so vinnig as moontlik in die water te kom; ek dink nie eens sy voete het gebrand op die warm seesand nie.

So 'n rukkie later lê ek en giggel by myself - ek is die ander strandgang­er, die een wat net een klein sak en 'n sonsambree­l saamdra - die "light traveller", doop ek myself net daar. My handdoek is oopgegooi, die sonskerm is op en ek lê op my handdoek onder die sonsambree­l en betrag die spulletjie so.

Dit het my laat dink aan die jaar wat voorlê - daar gaan tye wees waar jy oorweldig voel deur verpligtin­ge, daar gaan tye wees wanneer jy vry en lig voel, en dan gaan daar ook tye wees wanneer jy gaan voel dat jy op 'n lekker plek in jou lewe is.

Mag 2024 vir elkeen wees wat hy graag daaruit wil put - voorspoedi­ge nuwe jaar.

Ns. Hou maar die seesand in die kar vir so lank as moontlik.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa