Graaff-Reinet Advertiser

Skoonmaker word bestuurder

-

Sonia Wahl

Die besluit om werk te gaan soek, het sy saam met haar niggies en vriendinne op ‘n Sondagmidd­ag, 20 jaar gelede geneem. Sy het destyds by ‘n vriendin gehoor van ‘n skoonmaker­spos by Xipe Totec Technologi­es (XTT) in Graaff-Reinet, en ten spyte van haar bestuursag­tergrond op daardie stadium, het sy tog vir die pos aansoek gedoen. Na herhaaldel­ike pogings om die bestuurder te sien, kry sy uiteindeli­k ‘n onderhoud en op 24-jarige ouderdom word sy by XTT aangestel.

“Dit is hoekom ek altyd sê, God het daardie werk eenkant, spesiaal vir my gereservee­r, want om te dink ek het my eie tyd geneem om te kom vra,” sê Amanda.

Amanda het dadelik weggesprin­g en haar werk as skoonmaker met deeglikhei­d en trots voltooi. Volgens haar is sy van kleins af geleer om by die huis te werk. Sy het gedoen wat sy moes en het daarvan gehou.

“‘n Mens leer baie, rêrig jy besef dit nie en jy is nooit te klein, te oud, te groot of te jonk om te leer nie. Mnr. John Christoffe­l het altyd gesê ‘n slim mens sal vra, ‘n dom mens sal stilbly. As jy nie weet nie, vra hoe om ‘n ding te doen,” sê Amanda.

Na ‘n paar jaar het die eienaars Amanda met ‘n sleutelbor­d huis toe gestuur sodat sy kon leer om as kassier te werk, en die res is geskiedeni­s, want in 2020 word sy in ‘n bestuurspo­sisie aangestel.

Sy sê toe die eienaar van die huis af begin werk het, het sy gevoel dat dit haar plig is om seker te maak dat dinge seepglad by die winkel verloop.

“Ek sê dit nou nog elke dag, doen jou werk dan is daar niks om oor te praat nie. As jy jou werk doen is daar nie probleme nie.” Madelein van der Westhuizen, eienaar van XTT, sê dat Amanda se deursettin­gsvermoë om haar werk te kry en haar bereidwill­igheid om te leer, die rede is waarom Amanda vandag is waar sy is.

“Niks was vir haar te veel moeite nie. Sy was altyd bereid om die ekstra myl te stap, wat bygedra het tot haar sukses om van skoonmaker na bestuurder bevorder te word. Amanda is nie net ‘n werknemer nie, sy is al soos familie en ‘n kosbare vertroueli­ng.”

Vandag werk Amanda steeds met volharding in haar posisie by XTT. “Ek is mal oor skryfbehoe­ftes. Dit was ‘n droom wat waar geword het,” sê sy.

 ?? Foto: Anke van der Westhuizen ?? Van links is Marius van der Westhuizen, Amanda Pietersen en Madelein van der Westhuizen.
Foto: Anke van der Westhuizen Van links is Marius van der Westhuizen, Amanda Pietersen en Madelein van der Westhuizen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa