Graaff-Reinet Advertiser

Rennie gaan Turkye toe

-

Die goeie nuus is uit. Rennie gaan Turkye toe!

Die Advertiser het op 18 Januarie geskryf oor Rentia (Rennie) Oosthuizen (Rennie mik vir Turkye), wat gekwalifis­eer het om aan die tweede Trisome Games in Turkye deel te neem.

Haar grootste uitdaging op daardie stadium was om op so 'n kort kennisgewi­ng die geld bymekaar te maak.

Nico Schneider, voorsitter van Oos-Kaap Round Table, is deur die Oosthuizen­gesin genader en het nie twee keer gedink om Round Table Suid-Afrika te vra om Rennie te help nie. Schneider sê dat die organisasi­e daarna streef om 'n verskil in mense se lewens te maak.

Assco-lede (al die Round Tablevoors­itters van al die provinsies in SuidAfrika, die president, visepresid­ent en nasionale eksekuteur), asook 23 Round Table-takke het bygedra om die somtotaal van R88 200 in te samel.

"Ons hoop dat sy dit baie gaan geniet en haar bes sal doen. Ons as Round

Table is baie trots op haar vir wat sy tot dusver bereik het, en ons ondersteun haar ten volle om haar droom te leef en te bewaarheid," sê Schneider.

Rennie is die oudste dogter van René en Francois (Oosie) Oosthuizen. Sy is op 5 April 1992 in Middelburg, Oos-Kaap gebore en is op ongeveer drie maande oud met downsindro­om gediagnose­er.

Sy het al in Mexico en Kanada aan die wêreldswem­kampioensk­appe en Italië en Portugal aan die wêreldatle­tiekkampio­enskappe deelgeneem en het sedertdien altesaam 82 goue, 37 silwer- en 29 bronsmedal­jes plaaslik vir atletiek en swem verower.

In 2016 neem sy aan die 10 km Windpomp Run in Graaff-Reinet deel en stel 'n wêreldreko­rd op waarvan sy vandag nog die houer is. Rennie sê dat sy nie altyd gewen het nie, maar dat harde werk en die beste gebruik maak van elke geleenthei­d wat jou gegee word, 'n verskil maak.

"Doen jou bes en God doen die res," is haar raad. By die Trisome Games in Turkye beoog Rennie om aan die volgende sportkodes deel te neem: 50 m-borsslag, 200 m-individuel­e wisselslag,

200 m-aflos, 200 m-atletiek, verspring, gewigstoot, 800 m-stap, triathlon en spiesgooi.

Nou hou ons almal ons duime en tone vas om te kyk met hoeveel goues Rennie in Graaff-Reinet gaan opdaag aan die einde van die Trisome Games.

Schneider het Woensdag die tjek van R88 200 aan 'n baie opgewonde en dankbare Rennie oorhandig.

Sonia Wahl

Rennie sê dat sy nie altyd gewen het nie, maar dat harde werk en die beste gebruik maak van elke geleenthei­d wat jou gegee word, ‘n verskil maak.

 ?? Foto: Gideon van der Mescht ?? Van links is Nico Schneider, Rennie, René en Francois Oosthuizen.
Foto: Gideon van der Mescht Van links is Nico Schneider, Rennie, René en Francois Oosthuizen.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa