Graaff-Reinet Advertiser

Hidroloog boor vir water

-

Chriszanne Janse van Vuuren

Ten einde aandag te gee aan die geweldige waterkrisi­s in Willowmore het ‘n hidroloog, Dirk Rudolph van

GHT Consulting, onlangs met die prospekter­ing vir addisionel­e waterbronn­e in die Willowmore-omgewing begin. Die prospekter­ing word deur die departemen­t van waterwese gefinansie­r en volg nadat ‘n hidrologie­se verslag verlede jaar uitgewys het dat die hoeveelhei­d water tans beskikbaar op die plaas Wanhoop* heeltemal te min is. ('n berig, Waterkrisi­s in Willowmore, het op 8 Februarie in GraaffRein­et Advertiser verskyn.)

Die munisipali­teit het ‘n lisensie om 1 425 kiloliter water per dag vanaf Wanhoop te pomp. Tans is daar egter net ongeveer

925 kiloliter water per dag beskikbaar. Boonop veroorsaak faktore soos beurtkrag, stukkende pompe en lekkasies op die pyplyn dat daar soms nog minder water na Willowmore gepomp word. Willowmore benodig ongeveer 1 250 kiloliter water per dag.

Vyf boorgate van tot 300 m diep gaan deur GHT in hierdie omgewing geboor word. Die eerste daarvan is reeds voltooi, en op Maandag 20 Februarie is daar met die tweede boorgat begin.

Terwyl daar na addisionel­e waterbronn­e gesoek word, duur die waterkrisi­s in Willowmore voort. Benewens die lekkasies op die pyplyn word lekkasies in die dorpsgebie­d, soos een in Markstraat wat al van Desember verlede jaar voortduur, nie herstel nie. Volgens raadslid Ewald Loock het die tekort aan water nou ook in ‘n sanitasiep­robleem ontaard, en hy wil met die plaaslike skoolhoofd­e vergader omdat hulle die departemen­t van omgewingsa­ke gaan nader om die situasie by die koshuise te evalueer.

“Om ‘n koshuis vol kinders te huisves met die waterkrisi­s, skep geweldige sanitasiep­robleme.”

Volgens Loock is daar steeds geen superinten­dent vir water in Willowmore aangestel nie.

Hy noem dat die munisipali­teit op Maandag 19 Februarie ‘n kortlys saamgestel het vir die aanstellin­g van vier addisionel­e werkers in Willowmore, maar dat slegs twee vir waterwese is.

Tot dusver het DBNPM nog nie op Graaff-Reinet Advertiser se vrae rakende die watersitua­sie in Willowmore gereageer nie.

*Willowmore se water word al vir dekades vanaf die plaas Wanhoop in die Uniondaled­istrik na die dorp gepomp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa