Graaff-Reinet Advertiser

Kleinboere is met hande in die hare

-

Chriszanne Janse van Vuuren

Kleinboere van verskeie dorpe in die Dr Beyers Naudé munisipale area sit met hul hande in die hare oor die munisipali­teit se afwesighei­d by die reeks vergaderin­gs wat onlangs deur die departemen­t van landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming in Jansenvill­e, Graaff-Reinet en Willowmore gehou is.

Die doel van hierdie vergaderin­gs was om huurooreen­komste vir die gebruik van meentgrond met belanghebb­endes te bespreek nadat dit met die besoek van hierdie departemen­t se parlementê­re portefeulj­ekomitee in Oktober verlede jaar as knelpunt geïdentifi­seer is.

Tydens die laaste van hierdie vergaderin­gs, wat in Willowmore plaasgevin­d het, het kleinboere van Willowmore, Steytlervi­lle en Rietbron hul frustrasie­s rakende huurooreen­komste vir die gebruik van meentgrond uitgespree­k. Na bewering sukkel sommige kleinboere al vir jare om geldige huurooreen­komste te bekom terwyl ander wel geldige huurooreen­komste in plek het, maar die munisipali­teit steeds versuim om aan die terme daarvan te voldoen. Die kleinboere is ook van mening dat die munisipali­teit nie eerlik met hulle is oor die huidige stand van meentgrond in die munisipale area nie. Hulle vermoed dat groot gedeeltes van die meentgrond reeds verkoop is, of uitverhuur word aan kommersiël­e boere sonder hul medewete.

Daarom het bestuursle­de van die Willowmore-kleinboere al die munisipali­teit se drumpel deurgetrap om die meentgrond se kaart te bekom, maar die munisipali­teit weier glo om dit vir hulle te gee.

Die verteenwoo­rdigers van die departemen­t het hul misnoeë oor die munisipali­teit se versuim om die vergaderin­gs by te woon uitgespree­k en gesê dat die munisipali­teit se afwesighei­d boekdele spreek. Volgens hulle is dit die enigste munisipali­teit waar daar soveel probleme met huurooreen­komste ondervind word. Dit belemmer die departemen­t se vordering en verhoed hulle om hul mandaat na te kom omdat hulle verskeie programme en fondse vir die ondersteun­ing van kleinboere beskikbaar het, maar geen ondersteun­ing kan bied in die afwesighei­d van geldige huurooreen­komste nie.

Die departemen­t het die kleinboere verseker dat die konsultasi­es rakende huurooreen­komste steeds onderweg is en dat hulle alles in hul vermoë sal doen om die kleinboere te ondersteun.

Daar is ook ooreengeko­m dat die Support Centre for Land Change (SCLC) die kleinboere sal help om ‘n vergaderin­g met die munisipali­teit te probeer reël wat ook deur die departemen­t bygewoon sal word.

Die koördineer­der van die munisipali­teit se Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeli­ngskantoor, Ntombizane­le Koeberg, het aanvanklik aangedui dat die vergaderin­g nie nodig is nie omdat alle kleinboere wel geldige huurooreen­komste het. Volgens haar is dit nog net die herwinning­sprojek in Willowmore wat nie ‘n geldige huurooreen­koms het nie.

Die kleinboere het die huurooreen­komste aangevra, maar wag steeds daarvoor.

Volgens Andrew Diedericks, voorsitter van die Baviaans Land and Agrarian Reform Forum, het Koeberg onlangs aangedui dat die kleinboere binnekort na ‘n vergaderin­g genooi sal word om die huurooreen­komste te bespreek.

Die kleinboere is gewillig om hierdie vergaderin­g by te woon, maar is dit eens dat hulle beslis verdere stappe sal neem indien die munisipali­teit sonder die meentgrond se kaart en die huurooreen­komste by die vergaderin­g opdaag.

Graaff-Reinet Advertiser het ‘n navraag rakende die aangeleent­heid ingedien, maar teen druktyd het die munisipali­teit nog nie daarop gereageer nie.

Die verteenwoo­rdigers van die departemen­t het gesê dat die munisipali­teit se afwesighei­d boekdele spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa