Graaff-Reinet Advertiser

Vandale verniel grafte

-

Teresa Opperman

Inwoners van Cradock is ontstoke nadat dit aan die lig gekom het dat talle grafte in Cradock-begraafpla­se deurloop onder vandale.

"Met ‘n besoek aan geliefdes se grafte, rapporteer familie- en vriende dat grafstene afgebreek en stukkend agter of langs die grafte lê," vertel Gaby Malan.

"Ek het onlangs gaan rondstap om te bepaal hoeveel grafte so beskadig is, ek het dadelik dertig grafte in net een blok gevind waarvan die stene omgegooi, die beeldjies en blombakke gebreek en die soliede marmerblad wat op grafte was, eenvoudig gekraak agtergelaa­t is. Niks is onaangeraa­k nie."

Malan vertel ook dat sy nie mense daar opgemerk het tydens haar besoek nie, maar dat daar duidelike tekens van menslike bedrywighe­de in die begraafpla­se is. Gras is platgetrap, daar is op plekke vuur gemaak, en leë bottels en blikkies word op plekke weggesteek.

Volgens haar was dit ook duidelik dat daar ‘n plan van aksie gevolg word wanneer grafte beskadig word. By elkeen van die beskadigde grafte is daar ‘n duidelike gat waar daar iets soos ‘n pyp ingedruk word, wat dan heel moontlik gebruik word om die steen te lig, sodat die kopstuk agtertoe val en die randstene breek.

'n Navraag aan die Inxuba Yethembamu­nisipalite­it rakende die voortduren­de vandalisme, is nie teen druktyd beantwoord nie.

'n Plaaslike begrafniso­ndernemer sê egter dat werkspanne van die munisipali­teit wel tussen die grafte skoonmaak, maar dat daar nie met sekerheid gesê kan word dat die inligting rondom die skending van grafte, wel aan dié munisipale bestuur deurgegee word nie.

 ?? ?? ‘n Eens pragtige graf wat vir geliefdes berusting gegee het is nou verwoes.
‘n Eens pragtige graf wat vir geliefdes berusting gegee het is nou verwoes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa