Graaff-Reinet Advertiser

INFLASIE, JOU LELIKE DING

-

Sakgeld was nie in ons woordeskat toe ek klein was nie en het ons handme-down's gedra - jy was tevrede met min. Jy het geleer om met die minste die meeste te maak en hier teen maandeinde het jou ma skons gemaak vir aandete, dan het jy geweet payday is naby. Dit is seker vandag maar dieselfde tendens, maar verskil elkeen se maandeinde-dis van huishoudin­g tot huishoudin­g. Met die ekonomie wat deesdae noustrop trek en die werklooshe­idsyfer wat besig is om die hoogte in te skiet, het ek iets agtergekom - meer pensionari­s-ouers begin by hulle kinders intrek, omdat hulle dit doodeenvou­dig net nie meer finansieel kan maak nie. Ek het ook die afgelope tyd, wanneer ek by die koswinkels inloop agtergekom hoe verbruiker­s na yskaste en kosrakke in winkels staar - dis 'n staar van pryse vergelyk en somme maak.

Orals begin mense praat van hoe duur kruidenier­sware geword het, en onthou ek 'n tyd toe my ouers ons kar met R50 kon opvul en ons met 'n waentjie vol kruidenier­sware by die winkel uitgestap het en dit 'n skamele R150 gekos het.

Met die aankondigi­ng van die nuwe brandstofp­ryse wat in werking getree om 5 Maart, middernag wonder almal hoe die verhoging voedselpry­se gaan beïnvloed - Petrol 93 en 95 het met 121 sent verhoog en diesel met 106 sent.

Miskien moet ons nie so pessimisti­es wees nie, en dit sien as 'n bedekte seën - want jy kan nou jou tekkies afstof en die fiets wat teen die motorhuis se dak vasgemaak is, afhaal - ek wonder of ons meer en meer gaan sien hoe mense loop of fietsry werk toe en wat dit gaan beteken?

Bloedjie is nou op universite­it en ek kan nie help om te wonder hoeveel 'n brood en 'n liter petrol gaan kos as hy my ouderdom is nie; ek onthou dat my ma ons destyds met 'n groot silwer .50c na Spar gestuur het om 'n wit- en bruinbrood te gaan koop, 'n fizzer het .03c gekos en 'n pakkie chips .12c, 'n bruinbrood .27c en 'n witbrood .32c genade!

Maar nou is ons in 2024 en die prys van brandstof het vir die tweede keer hierdie jaar verhoog, wat 'n verhoging van amper R2 beteken - ek wonder weer, wat gaan dit beteken en wat hou die res van die jaar in? Gaan inflasie verhoog en indien wel, hoe gaan dit alles beïnvloed. Byt vas, draai jou sente om - soos die oumense gesê het, "druk daai penny tot hy huil, moet jy net nie huil nie!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa