Graaff-Reinet Advertiser

TWEEDE STEM Die gehuggie langs die ‘highway’

- Teresa Opperman

Hoeveel van ons ry deur klein, klein dorpies en wonder hoekom mense daar bly? Hoekom vind hul nie elders ‘n heenkome nie, en hoekom lyk alles so vervalle, soms selfs agterlik, eenvoudig, vuil en vaal. Dalk sê jy vir jouself, “dis hoe armoede lyk!” - en dalk is jy reg. Ek glo baie min mense wil in armoede leef, maar vir andere bring eenvoud rondom hulle, vir hulle vrede.

Hulle sal selfs veg daarteen as jy hulle vrede wil kom steel deur veranderin­ge te probeer aanbring.

Hier in ‘Die Groot Stad van Hofmeyr’ kom ons gereeld agter dat mense ons jammer kry, omdat ons hier bly. Erger nog, ons wil hier bly, en ons is gelukkig om hier te bly, en ons elkeen probeer ons bes om mooi te maak waar ons bly. Die grootste vreugde in die gemeenskap­pie is ontketen deur ‘n bedrag van R240 000 wat deur Lottoland Help ‘n Dorp aan die gemeenskap bewillig is. Ander dorpe het baie meer gekry, maar dié gehuggie het gejuig oor daardie R240 000. Hoekom? Want soos een mens het almal ‘gees gevang’ en saam begin om mooi te maak. Huisies wat jare laas ‘n lagie kalk of verf gekry het is mooi gemaak, en dan het die inwoners voor daardie huisie gaan staan vir ‘n foto, om aan die kinders en kleinkinde­rs daar ver te wys, dat die vaal huisie nou ligpers is. Ons gehuggie langs die highway het ‘n hug gekry. Elkeen het agterna getuig dat dit hulle laat goed voel om deur die vrolike dorpie te ry, waar bont huisies en skilderye stories vertel van 150 jaar terug, want hierdie gehuggie is nou 150 jaar oud.

Nou hoe op aarde word so ‘n gehuggie dan nou 50 jaar oud, wat nog te sê 150 jaar?

Daar vra jy nou die waarheid, en die antwoord is eenvoudig en maklik, “DIE MENSE!” Mense wat met so min tevrede is, en wat so gelukkig voortbesta­an, is mense wat met hulself tevrede is, want as jy vreugde, vrede en geluk binne jouself het, gaan jy die lewe met vreugde, vrede en geluk ervaar, ongeag waar jy bly. Sondae sit 111 mense met vreugde en vrede saam in die koraalpien­k kerk. Of jy nou in ‘n plakkerska­mp met sinkhuisie­s en bont wasgoed woon, en of jy in die 10de verdieping van ‘n groot woonstelbl­ok in die stad woon, of jy iewers afgeleë in ‘n digte woud woon, permanent in ‘n karavaanka­mp, en of jy in ‘n gehuggie langs die highway woon, sal jou geluk, jou vreugde en jou vrede jou nooit verlaat nie, want jy dra daardie lewensuitk­yk saam met jou. Hofmeyr is immers nie ‘n one-horse town nie, nee, hier is twee perde. Zettie se perde gee soveel vreugde vir die kinders wat sy afrig, en dit gee haar weer vreugde!

Ja, natuurlik is hier nie alles wat mens nodig het nie, maar gelukkig het ons elkeen ‘n verstand om vooruit te beplan en as die koejawel nou wraggies die klitser slaan, dan is daar wel iemand wat kan help, hetsy dit nou is om ‘n gompistool aan jou te leen, of ‘n stel van vier kousbreipe­nne. Alles nou nie plaaslik beskikbaar nie, maar iemand in hierdie gemeenskap sal kan help.

Met groot skok het ek egter vandag, na 40 jaar in Hofmeyr, eers besef dat Hofmeyr blykbaar ‘n gehuggie langs die highway is. ‘n Vriend ry deur die dorp, en ek stuur hom na die adres in Voortrekke­rstraat. En, o wee! Daar op sy Globale Posisioner­ingstelsel (GPS) is daar geen Voortrekke­rstraat nie. Daar staan net R401. Nou wie wil nou in nommer ses R401 woon? Hofmeyr is dus ‘n gehuggie langs die highway, as jy dan nou so daarna wil kyk! Maar Hofmeyr is ook die highway na my hart!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa