Graaff-Reinet Advertiser

KKNK-program bied medisyne vir die siel

-

Die 28ste KKNK, geborg deur Absa, is om die draai en word vanaf Saterdag 23 tot Sondag 31 Maart in Oudtshoorn aangebied en bied voorwaar ’n kuur vir elke kwaal.

"Dié fees word in die Maartvakan­sie aangebied en eindig oor Paasnaweek. Dis ’n wegbreekka­ns vir die hele gesin met ’n program vir elkeen se smaak. Behalwe vir uitstaande drama, komedie, dans en visuele kuns, is daar ook leefstyler­varings en gespreksre­ekse wat sorg vir heerlike kuier en polemiek. Die fees bied hope gratis en goedkoop vermaak, nie net in meer formele venues nie, maar ook in die strate van Oudtshoorn. Dis jou gesondheid­skliniek vir algehele welstand!” Só sê Hugo Theart, uitvoerend­e hoof en artistieke direkteur van die KKNK.

Die program is Woensdag 24 Januarie tydens ’n gesellighe­id by Leopard’s Leap in Franschhoe­k bekendgest­el. Kabous Meiring en Dean John Smith was aan stuur van sake, met uittreksel­s uit twee van dié fees se teaterhoog­tepunte.

Debute

Jana Cilliers deel in die drama Veelhoek,

een van 27 feesdebute op die program,die verhoog met Ludwig Binge, onder regie van Marthinus Basson. Cilliers het ook die teks geskryf. Sandra Prinsloo en David Viviers is te sien in Henque Heymans se satire Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan. Prinsloo speel ook die hoofrol as Maria Callas in die bekroonde produksie van Terrence McNally se Master Class. Antoinette Kellermann en André Roothman is op die verhoog in Die stoele,

’n klassieke tragi-klug deur Eugène Ionesco, met regie, ontwerp en vertaling deur Basson.

Ander debute op die toneelprog­ram sluit in: Bloedbande, ’n storie uit en oor Namakwalan­d met Lyntjie Jaars, Die begrafnisr­ede, ’n komedie met Wynand van Vollenstee; Lizz Meiring se komedie Die Van Vuurens vat vlam met Meiring, Cara Meiring en David Kuduntwane; Eg Kaaps: Salaamstor­ies met Ashraf Johaardien, Cheraé Halley en Yohin Sullapeh; David Viviers en Wessel Pretorius deel die verhoog in die komedie, ’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlie­g, ensomeer: Die ongewerwel­de-trilogie;

Monika, it’s me is ’n drama deur Klara van Wyk en Jenine Collocott, met Van Wyk op die verhoog; Kevin Smith, Reginald Hufkie en Donovan Pietersen is te sien in die drama

Op die kruin van Shôdeville, onder regie van Herschelle Benjamin; Ouma is op pad met Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad

Rall (klavier) en Des-Lee McKenzie se satire

Vleis/Meat is ook te sien.

Komedie

Stand-up kry in 2024 ’n tuiste by die fees, met Kekkelklin­iek wat ’n hoogtepunt­e uit dié aanbod is. In hierdie skaterlagv­ertoning is onder andere Alfred Adriaan, Stuart Taylor, Conrad Koch en Lindy Johnson op die verhoog. Komediante wat in solo-optredes te sien is, sluit in Ambrose Uren, Koch (en sy poppe), Dalin Oliver, KG Mokgadi, Mel die Storievert­eller, Rob van Vuuren, Taylor, Yasseen Barnes, asook Johnson en Kate Pinchuck wat saam op die verhoog is. Ander gewilde satires sluit in Marianne Thamm se Vuisvoos, maar nog regop: Suid-Afrika 2024 en Mike van Graan se My Fellow South Africans, waarvoor Kim Blanché Adonis vir haar spel bekroon is met die Woordtrofe­e vir beste prestasie in ’n soloverton­ing by die Toyota US Woordfees in 2023.

Jeug- en familietea­ter

Die KKNK is ’n familiefee­s en die feesaanbod sluit ’n uitgebreid­e verskeiden­heid van jeug- en familietea­ter in. Ken jy vir Dewie? is ’n interaktie­we teatererva­ring met regie deur Margit Meyer-Rödenbeck en teks deur Ilne Fourie, met onder meer Crystal Donna Roberts en Robert Hindley.

Braam en die engel is ’n multidissi­plinêre en bekroonde drama vir die hele gesin met Joanie Combrink, De Klerk Oelofse, Rehane Abrahams, Marelize Viljoen, Timothy Isaacs en Shaun Oelf – in dié magiese verwerking van Marietjie de Jongh se gelyknamig­e jeugboek, met regie deur Nico Scheepers. Familiever­maak het ’n nuwe tuiste by die Feesmark, waar ure se vermaak in die Klein KKNK-teater op kinders en ouers wag.

Dié aanbod sluit onder andere Die rooi ballon met Craig Morris (wenner van ’n Silwer Ovation-prys by die Nasionale Kunstefees in 2023) en Casey Sewbaran in My pad met Webber), Helenè Bester en Jannie Moolman (Nag in die Namib), Jakkie Louw en Charlize Berg (Jakkals en Berg),

RAAF en Tollie Parton (Hoe om oor jouself te kom).

Lucky Pakkie-teater keer terug na

Baron van Reedestraa­t met kraakvars teaterkons­epte. Die inhoud is – nes die lucky packets van ouds – hoogs geheim. Elke Lucky Pakkie bestaan uit vier vertonings van 15 minute elk.

Feesmark

Op die Feesmark-verhoog, ondersteun deur Huisgenoot, wag hope vermaak deur verskeie gunsteling­e waaronder Early B,

Kurt Darren, Juanita du Plessis, Spoegwolf, Elandré, Appel, Francois van Coke, Demi-Lee Moore, Jay, YoungstaCP­T, Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Refentse, Die Piesangski­lle, Busiswa, Bobby van Jaarsveld, Sunset Sweatshop en Dodo Nyoka om maar ’n paar te noem.

Die Feesmark is die hartklop van die fees en hier kan feesganger­s vir ure wandel deur dié inkopiepar­adys se stalletjie­s. Die KKNKwinkel swaai sy deur oop in ’n nuwe area met meer en mooier aandenking­s as in 2023. Smul aan die buffet van kos by die kosstallet­jies.

Proe deli-produkte, lekkernye en drinkgoed.

Koel af by die kroeë op die terrein.

Span uit en geniet die aanbod deur die dag en saans in die lugverkoel­de Absa Kuierkamer, waaronder insiggewen­de gesprekke met bekendes. En raak ontslae van daardie laaste bietjie energie by die pretpark.

Checkers bied vanjaar spesiale ervarings in die Feesmark aan, met verskeie verrassing­s wat op feesganger­s wag.

Span uit en geniet die aanbod deur die dag en saans in die lugverkoel­de Absa Kuierkamer, waaronder insiggewen­de gesprekke met bekendes.

Karoo Kaarte

Die KKNK se veelbekroo­nde en grensversk­uiwende multidissi­plinêre kunsteprog­ram Karoo Kaarte betrek in 2024 Oudtshoorn­iete se stories en bied allerlei ervaringe dwarsdeur die fees en oor die dorp heen aan.

Karoo Kaarte word vanjaar aangebied met die ondersteun­ing van die Jannie Moutonstig­ting, ATKV, Het Jan Marais Nasionale Fonds, NATi, Wes-Kaapse Regering en die Oudtshoorn-munisipali­teit.

Meer inligting is beskikbaar op die KKNK se sosiale media, by www.kknk.co.za of kontak 044 203 8600, stuur ’n e-pos na info@kknk.co.za of ’n WhatsApp na 065

285 2337.

 ?? Photograph­y Foto: Natalie Gabriels ?? Hugo Theart, uitvoerend­e hoof en artistieke direkteur van die KKNK.
Photograph­y Foto: Natalie Gabriels Hugo Theart, uitvoerend­e hoof en artistieke direkteur van die KKNK.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa