Graaff-Reinet Advertiser

Volkskool algehele wenners van gala

-

Die Karoo-gala wat op 21 Februarie plaasgevin­d het, word deur toeskouers as ongeloofli­ke suksesvol beskryf.

Laer- en Hoër Volkskool se swemmers het hul merkwaardi­ge talent en vasberaden­heid ten toon gestel en prestasies gelewer wat almal beïndruk het.

Van begin tot einde was die standaard van swemmers uitstekend, wat die toewyding en harde werk van elke deelnemer weerspieël het.

Die uitslae is as volg: Rekords:

JJ van Schalkwyk verbeter die o. 10 4 x 25 m individuel­e wisselslag­rekord wat in 2011 reeds deur L Laubscher van Laer Volkskool opgestel is. Hy verbeter ook die o. 10-rugslag rekord.

Zenick van Schalkwyk verbeter die o. 14-laerskole se 4 x 25 m individuel­e wisselslag­rekord, asook die 50 m-rugslagrek­ord. Albei die rekords is in 2015 opgestel deur Katherine Murray van Union High School.

Kate-Lynn Kruger verbeter die o. 16

4 x 25m individuel­e wisselslag­rekord, asook die o. 16 50-m rugslagrek­ord. Albei hierdie rekords is in 2013 opgestel deur M Gowar van Hoërskool Cradock.

Junior victor ludorum: JJ van Schalkwyk (Laer Volkskool)

Junior victrix ludorum: Zenicke van Schalkwyk (Laer Volkskool)

Senior victor ludorum: Ben Lemcke (Union High School)

Senior victrix ludorum: Kate-Lynn Kruger (Hoër Volkskool)

Die skole se kompetisie was ook baie hard en het hulle soos volg gevaar:

Hoërskole:

Seuns eerste plek - Hoër Volkskool - 192 punte

Dogters eerste plek Union High School - 184 punte

Dogters tweede plek - Hoër Volkskool - 174 punte

Seuns tweede plek Union High School - 140 punte

Seuns derde plek - Hoër Landbousko­ol Marlow - 87 punte

Dogters derde plek - Gill College - 55 punte

Laerskole:

Eerste plek - Laer Volkskool - 408 punte Tweede plek - Union Preparator­y School - 346 punte

Derde plek - Gill Primary - 246 punte Zenicke en JJ van Schalkwyk van Laer Volkskool is ná die Karoo-gala as victrix en victor ludorum, aangewys.

Hoër Volkskool wen dus die algehele gala met 366 punte en Laer Volkskool met 408 punte.

 ?? ?? Voor, van links is Jaydin Fanella, Siya Jeyi en Uzane Brown. Middel: Riano Ketchom, Thurstin Bantom, Juffrou Pulane Wright en Asisipho Ngqeza. Agter: Skoolhoof, Christo Barnard en Fabiano Hermaans. Afwesig is Renico Plaatjies.
Voor, van links is Jaydin Fanella, Siya Jeyi en Uzane Brown. Middel: Riano Ketchom, Thurstin Bantom, Juffrou Pulane Wright en Asisipho Ngqeza. Agter: Skoolhoof, Christo Barnard en Fabiano Hermaans. Afwesig is Renico Plaatjies.
 ?? ?? Twee swemmers ding mee om eerste die eindpunt te bereik.
Twee swemmers ding mee om eerste die eindpunt te bereik.
 ?? ?? Elke slag in die water is belangrik.
Elke slag in die water is belangrik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa