Graaff-Reinet Advertiser

DIENSLEWER­ING Willowmore se werkloses maak geraas

-

Chriszanne Janse van Vuuren

Werklose inwoners het op Maandag 11 Maart die Dr Beyers Naudé-munisipali­teit se kantoor, die verkeersde­partement, toerismeka­ntoor en biblioteek in Willowmore laat ontruim en toegemaak. Willowmore se brandweerd­ienste is ook tot stilstand gebring, met die opdrag dat hulle net mag beweeg indien daar ‘n ernstige brand is wat bestry moet word. Dit het gevolg nadat hierdie inwoners vroeër die dag by die munisipali­teit bymekaarge­kom het om antwoorde te eis oor die verlenging van 25 werkers wat vroeg verlede jaar aangestel is se kontrakte, maar daar was glo niemand om met hulle in gesprek te tree nie.

Die munisipali­teit se voormalige direkteur van gemeenskap­sdienste, Gewnynne Hermanus, het voorheen bevestig dat 313 kontrakwer­kers verlede jaar deur die munisipali­teit se direktoraa­t van gemeenskap­sdienste in samewerkin­g met die departemen­t van bosbou, visserye en die omgewing aangestel is. Die kontrakte vir hierdie aanstellin­gs is toegeken aan inwoners van verskillen­de dorpe binne die munisipali­teit.

Die kontraktyd­perk was aanvanklik veronderst­el om net vir ses maande te wees, maar sedertdien is dit al twee keer verleng met ‘n addisionel­e ses maande.

Volgens Graim Wolhuter, verteenwoo­rdiger van die EFF in Willowmore, spruit die werklose inwoners se ontevreden­heid uit die feit dat dit elke keer dieselfde 25 werkers is wat aangestel word wanneer die kontraktyd­perk verleng word. “Die departemen­t het hierdie mense glo aangevat vir ses maande en daarna is die tydperk verleng met nog ses maande. Twee weke gelede het hulle kontrakte verval, maar verlede Donderdag het hulle weer geteken vir nóg ses maande dieselfde mense. So ons wil net weet wanneer ander mense ‘n geleenthei­d gaan kry om te werk vir ses maande of ‘n jaar,” verduideli­k Wolhuter.

Met die eerste verlenging van hierdie werkers se kontraktyd­perk was die werklose inwoners van Willowmore en Rietbron al erg ontevrede.

Op daardie stadium het Hermanus verduideli­k dat die ooreenkoms tussen die munisipali­teit en die departemen­t nie voorsienin­g maak vir nuwe kontrakte nie, maar slegs vir die verlenging van bestaande kontrakte.

Die enigste twee opsies was dus om die kontrakte van die huidige werkers te verleng óf om dit te kanselleer. Daar was geen opsie vir die aanstellin­g van nuwe werkers nie.

Die munisipali­teit se areabestuu­rder, Zenobia Hendricks, het dit ook so aan die werklose Willowmore-inwoners verduideli­k toe hulle op Dinsdag 12 Maart weer by die munisipali­teit vergader het om antwoorde te eis.

Hendricks was egter nie beskikbaar om vrae te beantwoord oor die beweerde onreëlmati­ghede tydens die aanstellin­g van hierdie werkers nie. “Ons verstaan dat dit nie die munisipali­teit is wat hierdie mense betaal het nie. Ons verstaan ook dat dit nie die munisipali­teit is wat besluit het dat hierdie mense se kontrakte hernu moet word nie. Wat ons bevraagtek­en is die manier hoe hierdie 25 persone geïdentifi­seer is,” sê Wolhuter.

Volgens Wolhuter is daar tydens die laaste bymekaarko­ms op Dinsdag besluit dat die 25 kontrakwer­kers se werksaamhe­de onmiddelli­k gestaak sal word en dat die departemen­t van bosbou, visserye, en die omgewing ingeroep sal word om die situasie te beredder.

 ?? ?? Inwoners van Willowmore het Maandag na die plaaslike munisipale kantoor geloop om hul misnoë oor aanstellin­gs uit te spreek.
Inwoners van Willowmore het Maandag na die plaaslike munisipale kantoor geloop om hul misnoë oor aanstellin­gs uit te spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa