Graaff-Reinet Advertiser

TWEEDE STEM Die laaste kamp voor winter

- Teresa Opperman

Elke jaar, presies in die middel van Maart, kom kamp die span, so agt van hulle. Die oudste skaars vyftig, die jongstes so middel twintigs. Almal bly in een tent, en die tent is nie besonders groot en ruim nie. Dis duidelik dat die tent in midsomer te klein sal wees, want ek glo dis nou net mooi snoesig.

Die kampterrei­n is diep in die Bamboesber­g se kloof. Langs die groot dam, en die fontein sorg dat daar pal vars water is. Maar Bamboesber­g trek Molteno se koue. Die populiere staan al goudgeel met hul herfsblare, en dis soggens en saans klaar vrieskoud. Daarom kom kamp hulle nou klaar, want in die winter kamp jy nie in Kleindoorn­kloof in die Bamboesber­ge nie, want daar vries jy vas.

Dié span daag laat-aand Vrydagaand op, dis al donker, maar hul weet van kamp. Laai ‘n sak hout hier, en voor jy kan dink oor die finansiële druk waarin die land verkeer, is hul kamp opgeslaan. ‘n Verkoelde sleepwa is hul kosstoor. Daar word hul koeldranke en etes in verkoel, en die tent word blitsvinni­g deur die sewe manne staangemaa­k en die matrasse word oopgerol. En woerts-warts, daar staan die kamp vir die naweek.

Vrydagaand eet hul sommer die aankopies wat hul by Halfpad in Molteno gekoop het, en al is die roosterkoe­ke koud, is dit steeds kos. Die oorskiet sit hul sommer daar buite in ‘n koelsak neer, om môre in die eerste vuur te verbrand. Maar middernag daag daar toe gaste op, want die koelsak se deksel val dawerend buite die tent neer en die hoofman oor agt gaan sluip-sluip en swaar gewapend, by die ritssluite­r uit. ‘n Tierboskat smul heerlik aan Weense-worsies en gekookte eiers, en daar is van oorskietko­s geen sprake verder nie. Die tierboskat het nou werklikwaa­r ‘n geluk getref, vir ‘n slag iets anders as muise en rotte.

Die nag verloop verder rustig, maar toe daai voor-die-son-opkom koue uit die aarde opslaan, gaan die hoofman oor die agt uit en gaan maak ‘n vuur, want hy voel hom hy verkluim binne-in sy sweetpak en slaapsak.

Hy maak homself tuis in sy slaapsak langs die vuur, en hy herwin sy liggaamste­mperatuur mettertyd. Maar hy bly goed hoor wat roggel in die verte en ‘n vrot reuk pla sy stadsneus. Die lig is binne die tent, en hy wil nou niemand pla nie, maar in sy Cruiser het hy ‘n thermal-teleskoop, en hy sluip daarheen. Daar is wolke voor die maan, en daar is nog geen lig oor die horison nie, maar hy kry wat hy soek, en sluip terug.

Dit roggel sommer nou hier digby die tent, en die vuur brand maar half flou, want hy wil nie die biefstukbr­aai se hout opgebruik nie. Saterdagaa­nd se ete lê nog voor en daar is sewe manne wat honger raak.

Hy kry sy sit, en sy mik, en hy begin met die teleskoop soek na die oorsprong van die geroggel, en byna verloor hy sy selfbeheer. Net minder as vyf treë vanwaar hy sy sit gekry het in sy slaapsak, grou vyf swart, swaargewig, robuuste bosvarke. Hul lang wit rugkuiwe hang amper binne in die modder, maar hulle dolwe die hele wêreld om, want hulle ruik vleis, heel moontlik ook mensvleis. Die allesoorhe­ersende stank wat hierdie massiewe varke omring, is as gevolg van die feit dat hulle graag vleis vreet, alle vleis. Vrot vleis is hulle gunsteling, maar hul vreet ook graag pasgebore lammers, en enige dier wat beseer of siek is, is hul kos. Hulle sal ook smul aan vars vleis.

Die hoofman oor die agt sluip toe teen die spoed van lig terug na die tent, waar hy almal onmiddelli­k wakker maak, voor vyf die oggend, want dié varke lyk vir hom honger. Die daaropvolg­ende geraas en soeke na selfone om foto’s te neem, het die besoekers laat wyk, tot die volgende oggend vroeg.

Jy kan nooit die bos uit die vark haal nie, en waar jy in sy tuin kom kamp, moet jy hom aanvaar daar waar hy jou kom uitsnuffel!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa