Graaff-Reinet Advertiser

Spandau doen dit weer!

-

Spandau Sekondêr se rugbyspan het vir 'n derde agtereenvo­lgende jaar koning gekraai by die jaarlikse FNB Classic Clashes Festival Oos-Kaapse toernooi, met 'n telling van 26 - 10.

Die toernooi het vanaf 29 Maart tot 1 April by die Nelson Mandela Universite­it Stadion in Gqeberha plaasgevin­d. Altesaam 12 skole van die provinsie, Hoërskool Alexandria,

Ukhanyo Sekondêr, Hoërskool Kwazakhele, Mzontsundu Sekondêr, Hoërskool Ndzondelel, Ithembelih­le Comprehens­ive, Hoër Mary Waters, Spandau Sekondêr, Booysen Park Sekondêr, Asherville Sekondêr, Molly Blackburn Senior Sekondêr en Hoërskool Uitenhage, het hieraan deelgeneem.

Afrigter van Spandau Sekondêr se rugbyspan, Cornell George, sê dat sy spelers baie hard geoefen het vir hierdie byeenkoms en dat hulle bevoorreg is om drie jaar agter mekaar die trofee huis toe te kan bring.

“Ons voorbereid­ing vir die jaar was 'n bietjie uitdagend, maar ons het probeer om seker te maak dat ons spelers voorbereid is vir die toernooi ons is gelukkig deur Union High en Hoërskool Kirkwood vir ‘n wedstryd ter voorbereid­ing, genooi.” George sê dat harde werk, motivering en die voorreg om die sport te kan beoefen én geniet, die resep tot die spelers se sukses is. Tydens die toernooi het Spandau en Asherville Sekondêr na die halfeindro­nde deurgedrin­g en uiteindeli­k het Spandau na die eindronde deurgedrin­g en teen Hoër Mary Waters te staan gekom. Volgens George is

die eerste span se kaptein, Sheldon Jaftah, 'n uitmuntend­e leier en speler en Jaftah is geweldig trots op sy medespeler­s. Jaftah is ook as rugbyspele­r van die toernooi aangewys.

Spandau se eerste netbalspan het 'n tweede plek in die toernooi behaal. Hulle het te staan gekom teen Mzontsundu Senior Sekondêr en 27 - 14 in die eindstryd behaal.

Waylon Adams, onder kaptein van Asherville Sekondêr, is ook in die FNB Clashes Festival 2024 Elite span opgeneem. Asherville se rugbyspan het ‘n algehele vierde plek in die toernooi verower. Twee van Asherville Sekondêr se netbalspel­ers het ook met toekenning­s weggeloop: Dudley-Ann McCarthy is as netbalspel­er van die toernooi en Nicole Mafikeng as verdediger van die toernooi, aangewys.

“Die toernooi se doelwit is om talentvoll­e studente van skole wat finansieel swaarkry, se talente te ontwikkel,” sê Unathi Billie, hoof van FNB Besigheid Oos-Kaap Verkope. In samewerkin­g met die

Nelson Mandela Universite­it en Oos-Kaap-rugby, beoog die inisiatief om opkomende talent ten toon te stel en geleenthed­e te bied vir studente om sowel sport as akademiese doelwitte na te streef.

Verder as net sport, word daar ook klem gelê op akademie, met deelnemend­e universite­ite wat op soek is na potensiële vooruitsig­te. Dit bied studente geleenthed­e vir beurse, wat van groot belang is vir dié wat uit finansieel beperkte agtergrond­e kom, en stel hulle in staat om 'n balans te vind tussen akademiese en sportiewe strewe.

Sonia Wahl

 ?? ?? Sien meer foto’s by
Speler van die FNB Classic Clashes 2024 is Sheldon Jaftah, eerstespan­kaptein van Spandau Sekondêr.
Sien meer foto’s by Speler van die FNB Classic Clashes 2024 is Sheldon Jaftah, eerstespan­kaptein van Spandau Sekondêr.
 ?? Foto’s: Anouschka Swart ?? Dudley-Ann McCarthy van Asherville Sekondêr is as netbalspel­er van die toernooi aangewys.
Foto’s: Anouschka Swart Dudley-Ann McCarthy van Asherville Sekondêr is as netbalspel­er van die toernooi aangewys.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa