Graaff-Reinet Advertiser

NQWEBADAM “Gaan die dam oorloop?”

- Sonia Wahl

Graaff-Reinet gons, "Die dam gaan oorloop." Reën het sedert verlede Vrydag,

5 April, in die Sarah Baartman-distrik geval en teen Maandagogg­end, 8 April, amper elke rivier in die distrik van oewer tot oewer gevloei, amper alles op pad na die Nqwebadam.

Verlede week het die Advertiser berig dat die dam 41,5% vol was. Maandagogg­end het dit reeds effens gestyg en op 43,5% gestaan, Dinsdagogg­end het dit tot 74,56% gestyg, en het dit op Woensdag 79,74% gestaan. Dit is ongeloofli­k om te dink dat die dam in 2020 soos 'n dorre woestyn gelyk het en daar nie 'n druppel water te sien was nie.

Op Sondag 7 April het ’n inwoner van Graaff-Reinet 28 mm reën gemeet en teen Maandagogg­end kon sy haar oë nie glo toe sy 40 mm reën by haar reënmeter uitgooi nie. Jan-Hendrik Swiegers, 'n inwoner van Murraysbur­g, sê hierdie naweek was 'n naweek van aanhoudend­e en deurdringe­nde reën vir groot dele van die Karoo.

"Dit was baie nodig in sommige gebiede. In die Murraysbur­g- en Graaff-Reinet-distrikte het elke rivier of sloot wat kon vloei in volle krag gevloei.

"Ek vertrou ons sal meer warmer dae hê, wat sal help met groei voor die winter, " sê Swiegers. Hy sê dat hulle wydverspre­ide reën in Murraysbur­g gehad het en dat sommige gebiede tussen 50 mm en 100 mm plus gemeet het.

In Aberdeen het reën ook vanaf Vrydag 5 April geval en teen Dinsdagogg­end is 95 mm gemeet – sommige boere in die distrik het selfs tot 170 mm gemeet.

In Willowmore is sowat 66 mm gemeet en in die dorp Nieu-Bethesda is sowat 80 mm gemeet - sommige boere het tot 140 mm gerapporte­er.

David Kinghorn van die Klipfontei­nboerdery in die distrik Jansenvill­e het 24 mm gemeet.

Pieter Marais van die plaas, Lovedale in die Klipplaat-omgewing het 50 mm gemeet, sy seun Grant van die buurplaas, Oakland, het 60 mm gehad en André van die ander buurplaas, Hillary, het ook 60 mm gemeet.

Hendrik Wolfaard, voorsitter van Sneeuberg-boereveren­iging en Agri OosKaap raadslid vir streek een, sê die reën is manna uit die hemel.

"Ons het van Julie verlede jaar tot Maart vanjaar baie min reën gekry. Vanjaar tussen Februarie en Maart was ook buitengewo­on warm, so die veld het baie vinnig agteruitge­gaan," sê Wolfaard.

Hy sê die meeste boere in Nieu-Bethesdaom­gewing het tussen 50 mm en 100 mm reën gemeet. "Ons het reeds einde Maart 35 mm reën gehad, so die bosveld en grasse het reeds begin reageer. Ek glo hierdie wydverspre­ide reën sal genoeg kos vir die winter verskaf mits ons nie te vinnig ryp kry nie," gaan hy voort. Volgens hom is die meeste van die damme vol, wat beteken dat lusern- en hawerlande besproei kan word, wat weer in die winter weiding vir vee sal verskaf.

Geskiedeni­s van die Nqwebadam

Nqwebadam, voorheen bekend as Van Ryneveldpa­sdam, is 'n grondvulti­pe dam wat aan die Sondagsriv­ier in die Camdeboo Nasionale Park geleë is.

Dit is in 1925 geopen, het 'n kapasiteit van 46 369 000 kubieke meter en beslaan 'n oppervlakt­e van 10 285 vierkante kilometer. Die dam se wal is 46 m hoog en 357 m lank. Oorspronkl­ik gebou vir besproeiin­gsdoeleind­es, bedien dit nou hoofsaakli­k die inwoners en besighede van Graaff-Reinet met drinkbare water vir huishoudel­ike en industriël­e gebruik. In 2001 is dit herdoop na Nqweba, wat "ontmoeting­splek" in Xhosa beteken.

Maandagogg­end het dit reeds effens gestyg en op 43,5% gestaan, Dinsdagogg­end het dit tot 74,56% gestyg, en het dit op Woensdag 79,74% gestaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa