Graaff-Reinet Advertiser

Kabeldief slaan toe op Graaff-Reinet gholfbaan

-

Sonia Wahl

Graaff-Reinet-gholfklub is die naweek vir 'n derde keer deur opportunis­tiese kabeldiewe van etlike meters se elektriese kabels beroof. Hierdie kragkabels is deur die gholfklub self aangebring en is uiters noodsaakli­k vir die besproeiin­g en instandhou­ding van die baan.

Eddie Nel, president van die gholfklub, sê dat die voorvalle begin het net na die Proudfoot-toernooi, wat van 21 tot 23 Maart plaasgevin­d.

Volgens hom het die laaste diefstal daartoe gelei dat die klub R30 000 moes opdok om die kabels te vervang.

Nel vertel dat hy op Sondag 8 April met twee van sy honde op die gholfbaan gestap het toe die honde die man gewaar en vir hom begin blaf het. "Hy het aan my gesê dat hy op die baan rondloop en gholfballe soek." Toe Nel nader stap, het die man die hasepad gekies, en spoorloos in die beboste droë loop van die Sondagsriv­ier verdwyn.

Nel het die man later weer by die klubhuis gewaar en hom met sy bakkie agternages­it. ’n Sak waarin hulle die elektriese kabels gebêre het, het uit die man se jas geval. Die man het toe weer in die Sondagsriv­ier gaan skuiling soek en Nel en ander klublede kon hom nie weer opspoor nie. Nel het die polisie gebel om na die man te kom help soek, maar daar was 'n misverstan­d oor waar die voorval gebeur het.

Nel sê dat die polisie nie opgedaag het nie omdat hulle glo onder die indruk was dat die insident by Wolwas gebeur het en soontoe gery het.

Beeldmater­iaal van 'n vorige insident by die gholfklub is op die klub se sekuriteit­skameras vasgelê. Volgens Nel kan hulle nie die man op die kamera identifise­er nie en is hulle nie seker of dit dieselfde persoon is as by die vorige insident nie.

’n Klein beloning wag op die persoon wat met inligting vorendag kan kom wat kan lei tot die arrestasie van die skuldiges.

Die publiek kan Nel self by 083 284 9739 kontak.

Volgens kol. Priscilla Naidu, Oos-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, ondersoek die Graaff-Reinet-speurders twee sake wat deur Graaff-Reinet-gholfklub geopen is. Sy sê verder dat inligting van 'n moontlike verdagte in een van die sake ontvang is en opgevolg word.

 ?? Foto: Derek Helm ?? Die Graaff-Reinet Golfbaan.
Foto: Derek Helm Die Graaff-Reinet Golfbaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa