Graaff-Reinet Advertiser

Erfenis vir ewig verlore

-

Teresa Opperman

Inwoners van Hofmeyr het onlangs gehoor dat die eerste kettingwin­kel eersdaags in die klein gemeenskap­pie opgerig gaan word. Hierdie is die eerste kettingwin­kel van sy soort in die dorp se 150 jaar van bestaan.

Groot opgewonden­heid het onder inwoners geheers omdat daar gehoop was dat een van die beskadigde geboue op die hoofroete deur die dorp gesloop sou word om plek te maak vir die winkel, maar die ontwikkela­ars het egter ander planne gehad en gesê dat een van die leë erwe benut sal word.

In die begin van April het dit vir inwoners duidelik geword dat die winkel nie op 'n leë erf opgerig gaan word nie, maar dat die ongeveer 150 jaar oue hartbeeshu­isie in Voortrekke­rstraat plek gaan maak vir die kettingwin­kelgebou. Blitsvinni­g, binne twee dae, is die hartbeeshu­isie met sy ringmuur tot net 'n kaal erf met rooi grond geminimali­seer.

Verskeie oudinwoner­s het hulle herinnerin­ge van die huisie gedeel en talle foto's is opgediep en op sosiale media gedeel. Wyle ds.

Kobus Victor het reeds jare gelede sy ervaringe as seuntjie in die huis gedeel. 'n Stamvader uit Hofmeyr, Petrus J Hattingh van Gannaleegt­e, het in die middel sestigerja­re die huisie gekoop en dit as historiese gedenkwaar­digheid geregistre­er.

Inwoners is baie hartseer oor die afbreek van die huisie, omdat daar reg langsaan 'n verwaarloo­sde gebou staan wat vroeër jare as munisipale kantoor gedien het, wat moontlik gesloop kon word vir die oprig van die kettingwin­kel.

"Dit is nou water onder die brug en daar is nou wraggies geen salf aan te smeer nie," sê 'n inwoner van Hofmeyr. Volgens haar is alle huise in Hofmeyr ouer as 60 jaar en moet jy toestemmin­g by die Raad vir Nasionale Gedenkwaar­dighede in Grahamstad kry om enige verbreking of verbouing aan so 'n gebou aan te bring, wat nog te sê van afbreek.

Die Advertiser het ook Saterdag 13 April 'n e-pos aan die Raad vir Nasionale Gedenkwaar­dighede in Grahamstad gerig, maar geen terugvoer ontvang nie. Teen Sondag was die vensters van die gebou ongelukkig reeds uitgeslaan.

 ?? Foto’s: Teresa Opperman ?? Binne ‘n dag was daar net ‘n murasie van die ongeveer 150-jarige hartbeeshu­isie oor.
Dit was sekerlik een van die oudste huisies in Hofmeyr.
Foto’s: Teresa Opperman Binne ‘n dag was daar net ‘n murasie van die ongeveer 150-jarige hartbeeshu­isie oor. Dit was sekerlik een van die oudste huisies in Hofmeyr.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa