Graaff-Reinet Advertiser

Rare gesig: Beervleida­m het water!

-

Chriszanne Janse van Vuuren

Willowmore het die afgelope tyd baie goeie reën ontvang. Op Sondag 7 April is daar 50 mm reën gemeet en Maandagogg­end, 8 April, 16 mm wat die totale reënval op 66 mm bring.

“Die riviere was wel nie vol nie, maar al die stroompies het geloop. Dit was alles lekker sagte reën en die grond was deurnat. Uit ‘n landbou-oogpunt is dit fantasties want as jy hierdie tyd van die jaar reën kry bly dit sommer lekker lank nat omdat die dae nie meer so warm is nie. Alle grondgebru­ikers is tevrede,” sê Ewald Loock, raadslid en inwoner van Willowmore.

“Geen verspoelin­gs is aangemeld nie, maar die laagwaterb­rûe is nog toe, so voertuie kan nog nie deurgaan nie.”

Loock vertel dat die Traka-gebied aan die westekant van Willowmore tussen

70 mm en 100 mm reën gemeet het. “Beide die Trakarivie­r en die Sandrivier het lekker sterk gevloei.” Hy verduideli­k dat hierdie twee riviere vanuit die droogste gebiede aan die westekant van die Karoo vloei en dan by Oudtshoorn se Stompdrift­dam inloop. Die Stompdrift­dam was op 1 April ongeveer 25,5% vol en intussen het die damvlak aansienlik gestyg omdat dit soveel water vanuit hierdie twee riviere ontvang het.

Vanaf Saterdag 13 April het daar weer 25 mm reën in die Willowmore-omgewing geval.

Selfs die Beervleida­m het tans water en dit is nie ‘n algemene verskynsel nie. Volgens die departemen­t van water en sanitasie kwalifisee­r die Beervleida­m nie as 'n balanserin­gsdam óf 'n opgaardam nie, maar behoort aan 'n kategorie van sy eie – dit is gebou as 'n vloedbehee­rdam om die Gamtoosriv­iervallei teen oorstromin­gs te beskerm en om sy vloedbehee­rfunksie uit te voer word die dam teen 0 % bedryf.

Alhoewel die dam op hierdie stadium baie vol lyk, het dit volgens Loock eintlik baie min water.

“Dit is ‘n mite dat die dam se sluise altyd oop is en dat die water altyd moet deurloop. Daar is honderde hektaar besproeiin­gsgrond ingelys onder die Beervleida­m so dit is nie net ‘n vloedwater­dam nie, maar ook ‘n besproeiin­gsdam. Wanneer die dam water kry word die eerste water gewoonlik deurgelaat omdat dit van die Soutrivier afkomstig is en baie soute in het. Wanneer die soute uitgespoel het word die sluise toegemaak en dan kan dit vol raak en selfs oorloop soos in 2002. In tye van baie reën of vloede word die sluise wel oopgemaak om die vlakke van die dam laag te hou,” verduideli­k Loock.

“Daar het wel ongeveer 50 mm tot 60 mm reën in die omgewing van die Beervleida­m geval, maar reën in die omliggende gebied sal nie die Beervleida­m volmaak nie omdat sy water hoofsaakli­k van die Soutrivier wat uit Nelspoort uit vloei kry. Vir die Beervleida­m om water te kry moet dit dus in die opvanggebi­ed ook hard reën.”

Loock noem dat hy ook verneem het dat die fontein op Wanhoop waarvandaa­n ‘n gedeelte van Willowmore se water afkomstig is, sterk vloei na die lekker reën.

“Die produksie van water op Wanhoop en gevolglik ook die watersitua­sie in Willowmore het sommer onmiddelli­k verbeter,” sê hy. “Dit is fantasties­e nuus vir beide die munisipali­teit en Willowmore se inwoners.

“Ons is uiters dankbaar is vir die lieflike reën wat geval het.”

 ?? ?? Selfs die Beervleida­m het water en dit is nie ‘n algemene verskynsel nie.
Selfs die Beervleida­m het water en dit is nie ‘n algemene verskynsel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa