Graaff-Reinet Advertiser

Jansenvill­e-leerders red elk drie lewens

-

Chriszanne J van Vuuren

Met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se onlangse besoek aan Jansenvill­e het twee onderwyser­s van Hoërskool Jansenvill­e, Pulané Wright en Donovan Harmse, die geleenthei­d gebruik om die senior leerders aan te moedig om ook bloed te skenk. Hierdie twee onderwyser­s skenk gereeld bloed by die SANBD se bloedskenk­kliniek. Daar het onmiddelli­k 17 leerders aangedui dat hulle bereid is om die skenkingsp­roses ‘n kans te gee. Cobie Felix van die SANBD het daarna ook ‘n kort praatjie met die senior leerders gehad om te verduideli­k hoe die proses werk en om hulle in te lig watter verskil die bloed wat geskenk word kan maak in die lewens van die persone wat dit ontvang. Daar het toe onmiddelli­k meer leerders aangedui dat hulle ook bereid is om ‘n skenking te maak.

Aangesien dit ‘n sessie was wat vir die dorp bedoel was, het die leerders ná skool as ‘n groep na die saal gestap. As gevolg van verskeie faktore soos ystervlakk­e wat laag was en die feit dat sommige van hulle nie iets te ete gehad het nie kon almal ongelukkig nie skenk nie, maar 24 leerders en vier onderwyser­s kon wel skenk.

'n Leerder in gr. 11 sê sy het bloed geskenk omdat sy eendag self in die hospitaal mag beland vir ‘n operasie en dalk ook bloed nodig sal hê. Nog 'n gr. 11-leerder voel ook dat hy dalk in ‘n situasie mag beland waar hy bloed gaan benodig en indien dit sou gebeur sal hy darem kan sê dat hy sy deel gedoen het om ander te help sodat hy ook gehelp kan word. “Dit voel goed om bloed te skenk. Ek is baie trots daarop,” het hy gesê.

'n Ander leerder se suster, wat 'n profession­ele verpleegst­er is, het haar aangemoedi­g om te skenk.

Na afloop van die bloedskenk­ing het Felix onderneem om binnekort weer besoek by die skool af te lê en ook te kyk of SANBD ‘n bloedskenk­kliniek daar op die been kan bring. Dit is ‘n baie goeie vooruitsig omdat dit leerders en onderwyser­s in staat sal stel om een keer per kwartaal bloed te skenk en meer leerders sal dan moontlik na vore kom om te skenk.

Die leerders wat reeds bloed geskenk het noem dat hulle uitsien na hul volgende skenking. Hulle is baie trots dat hulle genoeg bloed geskenk het om drie lewens te kan red.

Hoërskool Jansenvill­e se hoofseun, Ravino Green, het ook bloed geskenk.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa