Graaff-Reinet Advertiser

Buffel sneuwel op Park se teerpad

-

Chriszanne Janse van Vuuren

‘n Treffende foto met die opskrif, Buffel sneuwel onder die sterre, is onlangs deur Jan-Hendrik Swiegers, 'n inwoner van Murraysbur­g geneem. Hy het dit op sosiale media geplaas en dit het groot publieke reaksie ontlok. Spoed het onmiddelik die skuld vir hierdie ongeluk op die R63 gekry en talle ontstoke lede van die publiek wou weet of die persoon wat die buffel doodgery het darem gaan boet.

Volgens hom was hierdie ongeluk ook nie enig in sy soort nie, jare gelede was daar glo ‘n soortgelyk­e ongeluk.

Volgens Dennis Fortuin, hoof van die Dr Beyers Naudé-munisipali­teit se beskerming­sdienste, is dit op hierdie stadium baie moeilik om met sekerheid te sê dat spoed ‘n faktor in die ongeluk was, omdat die omstandigh­ede eers behoorlik ondersoek moet word. Dan moet daar, volgens hom, ook vasgestel word wáár presies die ongeluk gebeur het, omdat “Op nasionale paaie en in die dorpsgebie­d is daar spoedmaatr­eëls wat toegepas word maar hierdie maatreëls is nie van toepassing op die park se binnepaaie nie,” verduideli­k Fortuin.

Ooggetuies beweer dat spoed wel ‘n faktor in die ongeluk was. Na bewering is die buffel deur ‘n bakkie wat ‘n trok verbygeste­ek het, gestamp.

Die bestuurder van die trok het glo spoed verminder toe hy die buffel gewaar, maar die bakkie het voortgegaa­n om die trok verby te steek. Die ongeluk het op die R63 tussen Graaff-Reinet en Murraysbur­g plaasgevin­d. Die R63 is ‘n nasionale deurpad in die Camdeboo Nasionale

Park en is dus nie die verantwoor­delikheid van die verkeersde­partement of die munisipali­teit nie, maar wel die verantwoor­delikheid van Sanral.

Volgens ‘n persoon bekend met die omgewing, is die gejaag op hierdie pad ‘n algemene probleem wat dringend aangespree­k moet word. Hy is van mening dat die publiek ‘n versoek by die verkeersde­partement en munisipali­teit moet indien vir die implemente­ring van spoedbehee­rmaatreëls sodat ongelukke van hierdie aard vermy kan word. “Diere het die reg van toegang binne die grense van ‘n nasionale park maar mense respekteer nie hierdie reg nie en dan kry diere die skuld wanneer daar ongelukke gebeur. Dit is nie die diere se skuld nie, dit is die mense se skuld. As mense by die spoedgrens hou, sal sulke tipe ongelukke nie gebeur nie,” sê hy. Volgens hom is mense gou om te sê dat die buffels nie daar hoort nie, maar daar was nog altyd buffels in die park. “Die buffels hoort hier want hulle was al die jare hier. Daar was aanvanklik 30 buffels, wat baie min is, en vandag is daar heel waarskynli­k nog minder.” Volgens hom was hierdie ongeluk ook nie enig in sy soort nie, jare gelede was daar glo ‘n soortgelyk­e ongeluk toe ‘n trok in die trop buffels vasgejaag het en vyf buffels daarna uitgesit moes word.

Hy beklemtoon dat die park baie belangrik is, en dat dit ook baie belangrik is dat die park oop moet wees omdat dit ‘n groot toerisme aantreklik­heid is. Daarom doen hy ‘n beroep op padgebruik­ers om die spoedgrens­e én die diere se reg van toegang te respekteer.

 ?? Foto: Jan-Hendrik Swiegers ?? Die buffel wat op die R63 doodgery is.
Foto: Jan-Hendrik Swiegers Die buffel wat op die R63 doodgery is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa