Graaff-Reinet Advertiser

VLV oorhandig skenkings aan Vollediens

-

Talana Verwey, 'n onderwyser­es verbonde aan Aberdeen Vollediens Skool, was die gasspreker tydens die Aberdeen VLV-tak se April-vergaderin­g. Verwey sê dat Aberdeen VLV-tak sedert verlede jaar baie betrokke by díe skool is. Verlede jaar het die dames gesorg vir 'n skenking van duvets en ander beddegoed aan die plaaslike koshuis; vanjaar het hulle 'n verskeiden­heid eetgerei geskenk.

"Ons skool en koshuis se getalle het geweldig toegeneem vanjaar en hierdie skenking word ontsettend waardeer," sê Verwey.

Lea van der Vyver, voorsitter van die Aberdeen VLV-tak, het ook 63 Bybelgenoo­tskap-werksboeki­es vir gr. 3 leerders aan Verwey oorhandig. Tydens die vergaderin­g het Verwey meer vertel van die skool en leerders en uitgebrei op die tipiese uitdagings wat personeel in die gesig staar by 'n kleindorps­e platteland­se skool: "Dit is 'n kopskuif om te aanvaar – begin by jouself en dink konstant vernuwend." Sy het verduideli­k dat 'n mens moue oprol en alles eenvoudig maak werk.

Verwey het beklemtoon dat die nuwe skoolhoof, Mnr Constable, 'n besliste positiewe verskil by die skool bring en 'n enorme impak maak. 'n Groot ideaal en droom is om sportvelde vir die skool te ontwikkel. "Sport speel so 'n belangrike rol in 'n kind se ontwikkeli­ng, veral op die platteland waar daar nie veel ander afleiding is nie." Verwey en die VLVdames het 'n dinkskrum gehou oor hoe die uitdaging benader kan word.

Maryke Lategan, saamroeper van Opvoeding & Kultuur (& Gesondheid), het daarna gesels oor geestesges­ondheid met die fokus op selfbeeld – kenmerke van 'n goeie selfbeeld teenoor díe van 'n swak selfbeeld. Sy het die verband getrek tussen Pilates-oefening en verbeterin­g van die selfbeeld.

Lategan het 'n paar oefeninge gedemonstr­eer en die dames genooi om self van die oefeninge te doen.

Alex Lombaard

 ?? ?? Van links is Maryke Lategan, Talana Verwey en Lea van der Vyver.
Van links is Maryke Lategan, Talana Verwey en Lea van der Vyver.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa