Graaff-Reinet Advertiser

Rubberkoeë­ls afgevuur tydens vergaderin­g

-

Teresa Opperman

Ongeveer agt sekuritiet­swagte het verlede Donderdag, 18 April, op inwoners van Michausdal begin skiet nadat 'n beplande vergaderin­g met die burgemeest­er van die Inxuba Yethemba Munisipali­teit (IYM) Raadslid Noncedo Zonke, by die Sonskynsen­trum, nie volgens plan verloop het nie. Daar word vermoed dat dit rubberkoeë­ls was.

Sedertdien is talle strafsake deur inwoners, asook Kobus Botha, MEC, Oos-Kaap Middelland­e Kiesafdeli­ngsleier, by Cradockpol­isie aanhangig gemaak, rakende aanranding en die onwettige afvuur van vuurwapens in 'n beboude gebied.

Die bespreking van die geïntegree­rde ontwikkeli­ngsplan was op die agenda.

Botha sê dat hy self dié vergaderin­g bygewoon het om die kwessie oor die koshuis by die Michausdal Senior Sekondêre Skool te bespreek toe die skote begin klap het. Hy sê dat Zonke botweg geweier het om inwoners se vrae te beantwoord, en toe uit die vergaderin­g gestap het. "Sy het met haar privaat gehuurde sekuriteit­swagte uitgestap terwyl hulle die skare beheer het om 'n pad vir haar oop te maak om die vergaderin­g te verlaat," sê Botha.

Ooggetuie

DA Raadslid vir Michausdal, Bettie Lawens, het as voorsitten­de beampte vir Michausdal opgetree tydens die vergaderin­g, en sê dat die gemeenskap nie die teenwoordi­gheidsregi­sters wou teken voor Zonke hulle nie eers ingelig het rondom die voortslepe­nde kragsituas­ie nie. "Elektrisit­eitstoevoe­r is al sedert 2 Februarie deur IYM geblok om inwoners van Wyk 4 wat agterstall­ig op hulle munisipale rekeninge is, te forseer om ten minste 25% van die agterstall­ige geld te vereffen," sê Lawens. Sy sê dat inwoners wat die stappe gevolg het wel krag kon koop, maar dat wanneer hulle weer wou koop, die rekening geblok is en alle stappe moet van voor af gevolg word om toegang tot krag te verkry.

Volgens haar het Zonke geweier om met die bespreking van die ontwikkeli­ngsplan voort te gaan voordat die register nie deur die inwoners onderteken word nie. "Zonke het ook gesê dat sy nie tydens die geleenthei­d antwoorde gaan verskaf rondom die kragsituas­ie nie," sê Lawens.

"Die gemeenskap het toe na die saal teruggekee­r om met die Michausdal­belastingb­etalersver­gadering voort te gaan, maar is onderbreek deur die IYM munisipale bestuurder, Mkhulili Nbebe. Hy het aan hulle gesê dat dié vergaderin­g nie mag voortgaan nie. Daarna het agt sekuriteit­swagte die skare na buite vergesel. Die gemeenskap was nie bewapen nie, maar daar het skielik skote begin klap toe inwoners nie die area wou verlaat nie." Volgens Lawens het sy self die vergaderin­g verdaag en die saal 'n geruime tyd na

Zonke verlaat.

Petrus Plaatjies, skakelpers­oon van Michausdal-belastingb­etalers sê dat daar talle inwoners is wat geen geld aan die IYM verskuldig is nie, maar sonder krag sit.

Geen kommentaar

Advertiser het intussen verneem wie die sekuriteit­smaatskapp­y was wat op die skare geskiet het, en wie aangestel is om die burgemeest­er en haar geselskap te beskerm. Die Advertiser het telefonies en per e-pos met die sekuriteit­ismaatskap­py probeer kontak maak, maar tot op hede geen terugvoeri­ng ontvang nie.

Die Advertiser het ook telefonies met Zonke gesels. Sy het telkens belowe om terug te skakel, maar tot op hede het sy nie dié belofte nagekom nie.

Strafsake

Volgens kapt. Namhla Mdleleni, woordvoerd­er vir die Oos-Kaap Polisie, is daar ses strafsake by die Cradock Polisiesta­sie geopen, met aanklagte wat wissel van aanranding tot die onwettige afvuur van 'n vuurwapen in 'n beboude gebied.

Mdleleni sê dat die burgemeest­er van IYM glo 'n vergaderin­g gehou het wat nie na wense verloop het nie en dat inwoners dienslewer­ingkwessie­s wou bespreek. Volgens Mdleleni het daar 'n argument onstaan en het sekuritiet­iswagte glo probeer om die skare uiteen te jaag deur rubberkoeë­ls af te vuur.

Volgens Mdleleni het net een persoon beserings oopgedoen, maar die Advertiser is in besit van talle foto's van inwoners met wonde wat op die oog af soos rubberkoeë­lwonde voorkom. Die polisie is besig om die saak te ondersoek.

Terwyl inwoners van Wyk 4 onder swak dienslewer­ing en klagtes oor die onbegaanba­re toestand van paaie en geblokkeer­de kragtoevoe­r steier, wonder hulle ook nou of daar ooit vrae op hulle antwoorde gegee gaan word en dienslewer­ing na die insident gaan verbeter.

Lees vorige artikel, Appaling conditions at Hostel, by graaffrein­etadvertis­er.com

 ?? ?? Een van die rubberkoeë­ldoppies wat deur ‘n inwoner opgetel is tydens die skietery.
Een van die rubberkoeë­ldoppies wat deur ‘n inwoner opgetel is tydens die skietery.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa