Graaff-Reinet Advertiser

Jansenvill­e gekies vir finale

- Neco Bokwe

Chriszanne Janse van Vuuren

Jansenvill­e-inwoners jubel nadat hulle Maandagogg­end gehoor het dat hulle genoeg stemme verwerf het vir húl dorpie om vanjaar na die finale ronde van Kwêla se gewilde Dorp van die Jaar-kompetisie deur te dring.

Beide Jansenvill­e en Aberdeen van die Dr Beyers Naudé-munisipali­teit, en Sonskynkus se Kentonon-Sea, was hierdie jaar genomineer as die Oos Kaap se semi-finaliste en het teen mekaar meegeding vir die titel as die Oos Kaapse streekfina­lis.

Volgens Pauline van Zyl, voorsitter van die SAWAS Health Memorial, die Sid Fourie Trust en die Jansenvill­e & Beyond Tourism, asook kurator van die museums in Jansenvill­e, is Jansenvill­e anders as ander plekke.

“Jansenvill­e is uniek in baie opsigte. Jansenvill­e staan as die Noorsveld bekend omdat dit die enigste plek in die wêreld is waar soveel Noorse, euphorbia caerulesce­ns, in so ‘n groot area voorkom. Dan het ons ook ‘n besonderse euphorbia, die euphorbia jansenvill­ensis wat nét in

Teresa Opperman 076 122 8719 die Jansenvill­e area voorkom. Dit kom nêrens anders in die wêreld voor nie,” spog Van Zyl. Sy vertel dat daar tans ook spekbome in die Jansenvill­e-area aangeplant word. Dan het Jansenvill­e ook die granaatbos­se wat in die droogte lyk asof hulle dood is maar tog bly lewe. “Die granaatbos­se begin nou blom en binnekort sal die veld ‘n geel blomtuin wees. Verlede jaar het die aalwyne geblom en dit was ongeloofli­k mooi,” vertel sy. “Ons plantegroe­i is werklik uniek. Die wêreld is warm en droog hier, maar ons is geseënd met plantegroe­i wat hitte en droogtebes­tand is. As gevolg van ons besondere plantegroe­i trek die boere hier ook nooit werklik swaar in die droogte nie omdat die verlepte Noorse fyngekap word en as veevoeding dien.”

Van Zyl voeg by dat Jansenvill­e die bakermat van die Angora-bedryf is.

“Waterford in die Jansenvill­edistrik is die eerste plek in SuidAfrika waar angorabokk­e gevestig is. Die angorabok aard steeds baie goed hier en daarom is ons vandag bekend as die tuiste van die

Graaff-Reinet TVET Campus has secured its position as the top-performing Eastern Cape Midlands TVET College in the district, earning recognitio­n across various programs in 2023. angorabok en sybokhaar-mekka,” sê sy.

Jansenvill­e het ook baie besondere mense. Rhona Koetaan en haar helpers deel soms sop by die klinieke uit wanneer die mense so lank moet sit en wag om geholpe te raak.

Hulle het ook die afgelope Kersfees ‘n groot Kerspartyt­jie vir Jansenvill­e se kinders gereël.

So is daar baie ander mense wat werklik baie omgee en baie vir die gemeenskap doen.

As streekfina­lis sal Jansenvill­e nou teen die finalis-dorpe van die ander agt streke meeding om die gesogte Dorp van die Jaar-titel.

Die agt ander streke waaruit gekies word is: Gauteng en Noordwes saam, Noord-Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, en Namibië. Kwêla sal 'n insetsel op elk van die nege dorpe in die nege verskillen­de streke wat die finale ronde gehaal het kom verfilm, en wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys het sal die publiek vanaf 19:00 op 14 Julie tot 12:00 op 19 Julie vir die wendorp kan stem.

Die wendorp word op 28 Julie op Kwêla aangekondi­g.

Jansenvill­e se plantegroe­i is werklik uniek.

Among the notable achievemen­ts, the campus stood out as:

The best-performing campus in 2023 - National Certificat­e Vocational (NCV) Business Studies.

The top performing campus in 2023 - R191 Engineerin­g Studies

The best performing campus in 2023 R191 Business Studies

Additional­ly, individual staff members were commended for their contributi­ons to academic success. Abel Bok excelled in Mathematic­al Literacy, Simoné Swartz and Jamie Coleman demonstrat­ed proficienc­y in Office and Data Processing. Adrian Fletcher and Chulumanco Chuthu were recognised for their expertise in Life Skills and Computer Literacy, while Ricardo Billet received accolades for Introducti­on to Law.

 ?? ?? ‘n Lugfoto van Jansenvill­e.Campus
‘n Lugfoto van Jansenvill­e.Campus
 ?? ?? Sonia Wahl 072 445 4438
Sonia Wahl 072 445 4438
 ?? ?? Nokulunga Hlabisa, overall best lecturer.
Nokulunga Hlabisa, overall best lecturer.
 ?? ?? Read full article online
Read full article online

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa