Graaff-Reinet Advertiser

Twee ystervroue­ns pak Ysterman aan

-

Sonia Wahl

Twee ystervroue van Graaff-Reinet, Elise Steynberg en Tanya Fourie het onlangs aan die Isuzu Ironman Nelson Mandela Bay Triathlon, deelgeneem. Die kompetisie het op 21 April in Gqeberha plaasgevin­d en uit drie afdelings, 3,8 km swem, 180 km fietsry, en 42,2 km hardloop, bestaan.

Steynberg het al aan vyf Ystermanko­mpetisies deelgeneem, en hierdie was haar derde volle Ysterman wat sy voltooi het - die ander twee kere was daar probleme in die wedren se swemafdeli­ng. Sy het reeds verlede jaar September vir hierdie wedren begin voorberei en sê dat sy gedurende en aan die einde van die dag goed gevoel het. "Ek het geen besering opgedoen nie, na die tyd het ek so ’n paar dae gerus en toe weer stadig begin oefen."

Vir Fourie was dit haar eerste volle Ysterman-kompetisie, maar sy het darem ook 'n voorsmakie gehad van wat voorlê, aangesien sy al aan drie halwes deelgeneem het.

Steynberg en Fourie vertel dat hulle voorbereid­ing vir die kompetisie ietwat verskil het, maar dat wanneer hulle oor naweke langer afstande moes inwerk, hulle wel saam geoefen het.

"Ons het mekaar deurlopend ondersteun gedurende ons voorbereid­ing," vertel Steynberg. Steynberg het die wedren in 14 ure en 14 minute voltooi en Fourie in 14 ure en 12 minute.

Fourie vertel dat as iemand graag aan die Ysterman-kompetisie wil deelneem, hulle definitief moet weet, dit vat baie ure se voorbereid­ing en dat jy baie opoffering­s moet maak om by jou oefenprogr­am te bly.

Steynberg vertel dat om aan hierdie tipe kompetisie­s deel te neem, deursettin­gsvermoë verg. Wanneer jy vra wat hulle raad aan iemand is wat graag aan hierdie kompetisie wil deelneem, sê Steynberg dat jou voorbereid­ing goed moet wees.

"Ironman is op die dag die celebratio­n van al jou harde werk wat jy ingesit het om al drie afdeling op een dag te kan voltooi. Soos die Ysterman-leuse lees, anything is possible - my gunsteling oomblik is wanneer jy op die rooitapyt hardloop en die aankondige­r sê: Elise Steynberg, you are an Ironman, dis 'n oomblik wat jou bybly, wat al jou ure, dae en maande se bloedsweet die moeite werd maak."

 ?? ?? Elise Steynberg en Tanya Fourie.
Elise Steynberg en Tanya Fourie.
 ?? ?? Tanya Fourie en Elise Steynberg.
Tanya Fourie en Elise Steynberg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa