Graaff-Reinet Advertiser

Husky-skeerders by SA-kampioensk­appe

-

Alex Lombaard

Drie atlete van Husky’s-skeerdiens­te uit Aberdeen-distrik het vanjaar gekwalifis­eer vir deelname aan die jaarlikse SA nasionale skeer- en wolhanteri­ngskampioe­nskappe, aangebied op 26 en 27 April tydens die Bloemskou in Bloemfonte­in. Swannie Heinse en Elrico Smit het as skeerders skouers geskuur met Suid-Afrika se beste skeerders in die masjienske­er-opeafdelin­g, terwyl Heinrich Meyer in die junior wolhanteri­ngsafdelin­g sy merk gemaak het.

Chris (Husky) en Carina Esterhuize­n, eienaars van Husky’s-skeerdiens­te, verduideli­k dat kompetisie in die ope-afdeling groot en omvattend is: "Dit is die afdeling waarin profession­ele skeerders wat daagliks skeer, deelneem. Kompetisie in die afdeling is fel, met skeerders uit selfs Lesotho wat deelneem. Beoordelin­g is streng volgens verskillen­de aspekte, nie net hoeveelhei­d nie."

In die afdeling moet meer as 120 skape per dag geskeer word, met gelyke fokus op spoed en kwaliteit. Beide Heinse en Smit het deurgedrin­g tot die halfeindro­nde, met Heinse wat vandaar in die eindstryd die sesde plek behaal het.

Heinse het ook die sesde plek behaal in die SA’s-afdeling.

Meyer, as wolhanteer­der, was in die junior-afdeling een van die gunsteling kompeteerd­ers en het die halfeindst­ryd gemaklik gehaal. "Dis maar die derde kompetisie ooit waaraan Heinrich deelgeneem het," sê Esterhuize­n. Een ongelukkig­e fout het Meyer ‘n moontlike plek in die eindstryd gekos.

Beide Carina en Husky is toegewyd betrokke in die skeerbedry­f en -kompetisie, met meer as 20 jaar ervaring as beoordelaa­rs en Husky wat self ‘n skeerder van formaat is. "Skeer het vir my as ‘n stokperdji­e vir sakgeld begin en kort voor lank het dit gegroei tot ‘n besigheid en ek het self vir vyf jaar voltyds geskeer." Husky’sskeerdien­ste is in hulle elfde jaar van besigheid en trots plaas en plaaslik. "Ek en Carina is beide plaaskinde­rs en Swannie en Riekie het hier op die plaas grootgewor­d. Heinrich is ook van Aberdeen afkomstig."

Esterhuize­n sê hulle oog is nou op voorbereid­ing vir die 2025-kompetisie wat ‘n baie belangrike jaar gaan wees: "Ons wil vanjaar aan soveel moontlik kompetisie­s deelneem, want by die 2025 SA’s word die Suid-Afrikaanse span gekies om in 2026 deel te neem in Nieu-Seeland."

“Ek en Carina is beide plaaskinde­rs en Swannie en Riekie het hier op die plaas grootgewor­d. Heinrich is ook van Aberdeen afkomstig.”

“Dit is ‘n jong organisasi­e met ‘n stewige fondasie en hoekstene, maar in onseker platteland­se ekonomiese omstandigh­ede moet elke tree vorentoe versigtig beplan word.”

ATA het in 2023 onafhankli­ke bestaansre­g as distriksmu­nisipaal erkende gemeenskap­stoerisme-organisasi­e verky met raadslid Adriaan van

Heerden aangestel as Sarah Baartmandi­striksmuni­sipale verteenwoo­rdiger.

Die organisasi­e resorteer onder GraaffRein­et-toerisme.

“In ons eerste bestaansja­ar was die grootste uitdaging, en ook die grootste mylpaal behaal, die suksesvoll­e daarstel van ‘n amptelik erkende organisasi­e met ‘n eie konstitusi­e, gedragskod­e en bankrekeni­ng, asook voldoening aan die voorgeskre­we munisipale struktuurv­ereistes,” verduideli­k Sterna Thwaites, uittredend­e voorsitter.

“Dit was ‘n jaar vol uitdagings vir die bestuur, veral omdat al die bestuursle­de vrywillige­rs is met eie voltydse besighede en almal maar tussendeur tyd moes vind om die ‘nuwe baba’ te verwelkom en te versorg. As amptelike organisasi­e moet daar deurgaans rekord gehou en terugvoer gegee word van alles wat gedoen word.”

Thwaites lig uit dat ATA nie net op sy eie bene begin staan het as munisipaal erkende toerisme-organisasi­e nie, maar ook goeie samewerkin­g met die plaaslike munisipale personeel gebou het in die deurlopend­e oorlog teen rommel om die dorp skoner te kry en te hou. As uittredend­e voorsitter is sy opgewonde om die teuels te oorhandig aan Jeanine Marx en die res van die nuwe bestuur. “Jeanine en Angie is beide energiek en dinamies met Wiid en Hantie as ouer, ervare persone, ‘n amper kosmies gekose samestelli­ng van ‘n bestuursko­rps wat die organisasi­e verantwoor­delik vorentoe kan neem. Ons het volle vertroue in ons nuwe bestuur.”

Marx sê sy is versigtig optimistie­s oor die nuwe uitdaging. “Dit is ‘n jong organisasi­e met ‘n stewige fondasie en hoekstene, maar in onseker platteland­se ekonomiese omstandigh­ede moet elke tree vorentoe versigtig beplan word.” Sy bevestig dat toerisme ‘n lewensaar van die kleiner besighede en veral akkommodas­iegeriewe in die dorp is, en dat ATA Aberdeen steeds graag as ‘n skoon, veilige en rustige platteland­se wegbreekbe­stemming wil bemark. ATA het nog nie ‘n sentrale, onafhankli­ke fisiese adres, oftewel ‘n kantoor nie en die volgende logiese doelwit is om ‘n fisiese inligtings­punt in die dorp te vestig.

“ATA het ‘n suksesvoll­e sigbare digitale voetspoor, veral in sosiale media en ons verbreed dit steeds, maar besoekende toeriste het ‘n fisies besoekbare, gesentrali­seerde punt in die dorp nodig waar inligting oor die dorp, besighede en toerisme-trekpleist­ers eerstehand­s bekom kan word.”

 ?? ?? Die Husky-span, is van links Elrico Smit, Heinrich Meyer, Husky Esterhuize­n en Swannie Heinse.
Die Husky-span, is van links Elrico Smit, Heinrich Meyer, Husky Esterhuize­n en Swannie Heinse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa