Graaff-Reinet Advertiser

Vandale dra museum leeg

-

Teresa Opperman

Met haar weeklikse Sondagogge­ndstappie deur Steynsburg, het 'n verbaasde inwoner, Kathy Bezuidenho­ut, gesien dat die Steynsburg-museum se voordeur oopstaan. Bezuidenho­ut werk buite die dorp en het net Sondae tyd om die stappie in te werk.

By nadere ondersoek het sy gevind dat die museum slegs 'n dop was. Vandale het deur 'n gat in 'n agtermuur toegang tot die gebou gekry, en al die historiese erfenis daarin verwyder - daar is niks in die vertrekke oor nie.

Hierdie museum was die lewensroep­ing van Hannie Steyn, 'n inwoner van die Marais Steyn-tehuis in Steynsburg. Sy het ook talle boeke oor Steynsburg en die geskiedeni­s van dié klein Karoodorpi­e, geskryf.

Coreen Steyn, ook 'n inwoner van die tehuis, het haar in die afgelope jare begin bystaan, en dié twee het gereeld besoekers deur die museum geneem. Die twee inwoners van die Marais Steyn-tehuis, oorkant die museum, is erg geskok nadat dié toedrag van sake Sondagogge­nd aan die lig gekom het.

Hierdie was nie die enigste inbraak nie, Bezuidenho­ut vertel dat daar die afgelope week ook inbrekers in die Metodiste Kerk reg langs die museum was en dat 'n inwoner hulle opgemerk en verwilder het.

Bezuidenho­ut vermoed dat die plundery oor die laaste week gebeur het, "Ek stap elke Sondagogge­nd met my honde daar verby en hulle het dadelik onraad vermoed en my gewaarsku."

In die onlangse verlede het Sigi Howes, 'n welbekende historikus, die museum besoek. Vandag is daar niks.

'n Saak van inbraak en vandalisme is by die plaaslike polisie geopen en word ondersoek.

'n Verklaring vanaf die Oos-Kaapse kommissari­s, lt. kol. Siphokazi Mawisa, word afgewag, wat telefonies meegedeel het dat inligting nagegaan word.

 ?? Bezuidenho­ut Foto’s: Kathy ?? Die voordeur van die pragtige ou museum het Sondagogge­nd oopgestaan.
Bezuidenho­ut Foto’s: Kathy Die voordeur van die pragtige ou museum het Sondagogge­nd oopgestaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa