Graaff-Reinet Advertiser

TWEEDE STEM Morsjors se lewe in ‘n swartsak

-

Ek het ‘n nare gewoonte. Wanneer ek gaan stap, tel ek oral langs die pad vuilgoed op. Ek gaan stap nooit sonder ‘n sakkie nie, en kom gereeld met meer as net die sakkie tuis.

Duidelik raak ander mense nie van hul eie gemors ontslae “met die nodige respekte” nie, soos my Ouma Hanna sou sê.

Ek onthou in my jare der jeug hoe my eie ma met die drommetjie voor haar, elke papiertjie verskeur het tot onherkenba­re blokkies voordat dit weggegooi is. My ouma het alles opgefromme­l, en dadelik in die houtstoof se oond gegooi. “Raak ontslae van jou gemors met die nodige respekte," sou sy sê, “dat dit nie ‘n steen des aanstoots vir jou bure word nie.”

Neem in ag dat my ouma 28 myl uit die dorp gebly het, met haar naaste bure so vyf myl van haar af. Sy sou op groot skaal onverantwo­ordelik moes raak voordat dit haar bure geskaad het, maar sy het hulle, en die natuur rondom haar, altyd in ag geneem.

Gister, in ysige wind, gaan stap ek so ‘n entjie in die aalwynpark op die dorp. Dis pragtig daar, want elke aalwyn draai sy nuwe blare op ‘n spesifieke patroon uit die blomkop, en ek hou die veranderin­g so graag dop. Langs die pad kry ek ‘n geskeurde swart sak. Die roete na die stortingst­errein is 30 treë verder, en ek tel die swart sak op, maar met die optelslag val daar ‘n enkele vel papier uit die sak. Die persoon wie se lewe in die swart sak is, het sy hele lewe oopgemaak deur die enkele vel papier wat hy in die swart sak weggegooi het.

Ek lees sy volle naam, sy identiteit­snommer, sy plaaslike adres, sy motorregis­trasienomm­er, sy werksadres, en helaas, sy hotelbespr­eking by ‘n top hotel in Suid Afrika, asook die oornagkost­e in een enkele suite vir een enkele persoon, en ook die datum waarop die heer daar oornag het. Maar koste aan dié oornag oorval my met weemoed. Die arme mens betaal R5 040 per nag in ‘n hotel suite, waar hy het geslaap het, maar hy is nie menslik in staat om die vullisverw­yderingsdi­ens op ons dorp ‘n bedraggie te gee om sy vullissak met sy hele lewe in, te gaan weggooi nie.

Vir my eie verwysing neem ek toe maar ‘n selfoonfot­o van die geagte heer se papier in sy vullissak, om aan hom te gaan toon dat ek bewus is daarvan dat die wyse waarop hy van sy lewe in die swart sak probeer ontslae raak het, my geensins aanstaan nie, en dat daar ander opsies beskikbaar is, wat nie vir sy medemens ‘n steen des aanstoots sal wees nie.

Skaars het ek egter van sy sak ontslae geraak, op roete terug na my gunsteling peperbooml­aning, waar die poele water glinster, of ek vind ‘n kleiner swart sak, ook duidelik net daar neergegooi, minder as 20 treë van die stortingst­errein. Die inhoud peul uit, want die lewe wat in die sak is, is te veel vir die sak, en daar is ook ‘n magdom papiere saam met daardie lewe daarin.

“Mevrou, as jy verkeersbo­etes ontvang, en dit nie wil betaal nie, help dit nie jy gaan gooi dit weg nie. Die verkeersde­partement weet waar jy bly, waarmee jy ry, het jou identiteit­snommer, en jou selfoonnom­mer, en hulle gaan daardie papiere aanhou stuur. Dalk moet jy ook maar oorweeg om nie sommer 150 km per uur in ‘n 120 km per uur sone te ry nie. Dis gevaarlik, vir jou, jou passasiers en ook omdat die voertuig waarin jy ry, dalk ‘n foutjie kan hê wat teen so ‘n hoë spoed kan veroorsaak dat jy beheer verloor.”

Ek het toe ook van die een ou boetetjie ‘n foto geneem, maar in daardie selfde sak was apteekreke­ninge en doktersrek­eninge. "Ja, die antie wat so vinnig ry is ook nou nie gesond nie, lyk dit my."

Al plan wat daar is, is om verantwoor­delik van jou lewe in daardie vuilgoedsa­k ontslae te raak. Jy weet nooit watter nuuskierig­e agie loop lees jou weggooipap­iere nie. En die stortingst­errein word immers gereeld gebrand. As jy dit in daai gat loop gooi, sal dit brand! Dan bly jou skandes jou geheim.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa