Graaff-Reinet Advertiser

HVS se rugbyspann­e wen

-

Hoër Volkskool (HVS) het van 1 tot 4 Mei hulle jaarlikse Rugbyweek aangebied en skole vanuit verskeie streke het die geleenthei­d bygewoon. Die rugbyspann­e het op 1 Mei in Graaff-Reinet aangekom en die week se rugby is met 'n gesellige seremonie begin waar egte Karoo-gasvryheid die spelers welkom laat voel het.

Die wedstryde het Donderdago­ggend om 08:00 begin. Dit het goed gegaan met Hoër Volkskool se twee spanne wat op dié dag deelgeneem het. HVS se o.16-span het oortuigend teen St. Andrews van Bloemfonte­in, met 'n telling van

40 - 0 gewen.

Die eerste span het later die middag teen Hoërskool Langenhove­n van Riversdal uitgedraf en die wedstryd 47 - 0 gewen. Drieë is deur JanTheo van Tonder, Ashwill Swarts, Ethan Davids, Pieter van der Merwe gedruk en Curwin Niemand kon twee keer deurbreek om drieë aan te teken. Skopwerk is deur AJ de Jager behartig.

Vrydag het die spelers ‘n ekstra oefensessi­e ingewerk en sommige spanne het die dorp en sy toeristetr­ekpleister­s besoek. Die aand het

Van der Aven, ‘n nuwe opkomende Afrikaanse musiekgroe­p, die spanne in die skool se vierkant vermaak.

Die area is omskep in ‘n waardige buitelugte­ater met kosstallet­jies om by te dra tot die feestelike atmosfeer.

Saterdag het die rugby weer vroegoggen­d begin en alhoewel dit baie warm en winderig was, het die dag goeie resultate vir HVS ingehou. Die o.14rugbyspa­n het 22 - 12 teen Hoërskool Middelburg gewen en die o.15-span het behoorlik koning gekraai met 'n telling van 57 - 5 teen Glenwood House van George. Die o.16-span het 18 - 12 teen Hoërskool Langenhove­n gewen.

Die beste was die eerste span se wedstryd teen Hoërskool Piketberg. HVS het gesorg dat die rugbyweek op ‘n hoogtepunt afgesluit word met 'n telling van 31 - 7. Drieë is deur Pieter van der Merwe, Ethan Davids (2) en Jan-Theo van Tonder (2) aangeteken en die skopwerk is deur

Elrico Prins gedoen.

HVS kyk terug op ‘n baie suksesvoll­e en lekker naweek van rugby, spanwerk en gesonde kompetisie.

 ?? ?? Jan-Theo van Tonder van HVS maak seker dat hy die bal kry.
Jan-Theo van Tonder van HVS maak seker dat hy die bal kry.
 ?? ?? Van links is Stefan en Andrea Ittershage­n-Strauss, Ria Koen (Murraysbur­g se oudste rolballid), Martin Verwey en Chris de Klerk.
Van links is Stefan en Andrea Ittershage­n-Strauss, Ria Koen (Murraysbur­g se oudste rolballid), Martin Verwey en Chris de Klerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa