Grocott's Mail

Wanneer jou naaste se dade stink

-

Die kliniek in Middle Terrace was stampvol. Elkeen, jonk en oud, moes sy beurt geduldig afwag.

Voor my het twee oues van dae hul skete deur asmatiese asemstote aan mekaar uitgelê. Hul vertelling­e was deurspek met die lewe in hul huise. ’n Lewe van swaarkry.

My gedagtes het die loop geneem na die huisies waarvan die vroue gepraat het. Ek het my ingedink hoe hulle hul pensioenge­ldjies rek om liggaam en siel aan mekaar te hou. Op hul ouderdom moes hulle meermale sorg vir hul werklose kinders en kleinkinde­rs.

My gedagtes het verder getorring.

Wat maak my ouma daar ver?

Ek het einde verlede jaar vir ’n week by haar gaan kuier. Sy was oorstelp van vreugde omdat ek by haar kom rus het. Met haar het dit nie goed gegaan nie, maar een ding was seker: siekte of swaarkry, sy was ’n bondel liefde en aansporing vir my. As student het ek my figuurlik kaal uitgestrek vir haar en stil voorgeneem om haar te help.

Ek wil my verstout deur te sê ons doen nie genoeg vir ons oues van dae nie. Ons gee jaareind-partytjies, sit vir hulle n skewe gekleurde hoedjie op en daar eindig dit. Vandag se berig in die Sunday Times sal enige mens vul met woede, hartseer en totale verslaendh­eid.

Ons Minister van Welsyn het glo sake so erg deurmekaar gekrap dat miljoene pensioentr­ekkers einde April moontlik nie hul gelde gaan key nie. Dit is die einste minister wat gesê het n toelaag van R750 is genoeg om ons oues aan die lewe te hou.

So gaan dit: Vat van die hulpelose armes om die rykes nog ryker te maak. Hierdie vorm van kapitalism­e stink, stink tot in die hemel.

 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa