GEAGTE RE­DAK­TEUR

Se­dert Huis­ge­noot se brie­we­blad in die 1950’s be­gin ver­skyn het, het ons pos­sak (en dees­dae ons in­boks) el­ke week ge­bult van le­sers se klets­praat­jies, klag­tes, kom­men­taar en gek­skeer­de­ry. Dié brie­we ver­tel al­mal iets van die tyd waar­in hul­le ge­plaas is

Huisgenoot 100 - - Inhoud -

11 JANUARIE 1952 NAASTELIEFDE HET VERDWYN

As jy van­dag met ’n os­se­wa of ’ n per­de­wa tus­sen boe­re rond­ry, moet jy vra: Waar is die A­fri­ka­ner­volk wat 20 jaar ge­le­de nog so mens­lie­wend was?

In die ver­le­de het jy nog aan­ge­kom na ’n boe­re­wo­ning, dan sê die plaas­baas, ge­klee in ’n fer­weel­broek en vel­skoe­ne, reeds: “Span uit, laat die vee rus. Mô­re, nig­gie! Kom af, ons gaan huis toe. Kom, neef, ons gaan eers kof­fie drink.” Dan word vir jou die tent­wa, os­se­trop­pe, juk­ke, en­so­voorts ge­wys. Die tan­nie, weer, ge­sels van seep kook, bil­tong maak en vleis vlek. In die huis sou jy riem­pie­mat­stoe­le kry, en op ’n ta­fel in die hoek lê die By­bel en Ge­san­ge­boek.

Van­dag is die plaas­baas ge­klee in ’n ga­bar­dien­broek, wit hemp, swart blink skoe­ne – lyk meer na die eer­ste mi­nis­ter as plaas­baas. Die tent­wa en os­se met juk­ke het verdwyn. ’n Nu­we, A­me­ri­kaan­se mo­tor met ’n ra­dio het hul plek in­ge­neem. In ste­de van “mô­re, neef ”of “mô­re, nig­gie” is dit “me­vrou” en “me­neer”, en van uit­span word nie ge­praat nie. Die naasteliefde het saam met die os­se­wa verdwyn. (MEV.) P.J. DU TOIT, KALKMOND

1 NOVEMBER 1968 PASTORIEVROU HET ’N KLAG

Dat die pas­to­rie­paar hul ge­meen­te­le­de aan­spreek as oom Jan en tant San­nie, en hul tyd­ge­no­te op hul voor­naam, is iets waar­van die ge­meen­te­le­de hou om­dat die sty­we, for­me­le aan­spreek­vor­me tog eint­lik nie eie aan ons volks­ka­rak­ter is nie. Maar nou kom ek eint­lik by my be­swaar. Dis die men­se wat re­ken dat hul­le as ge­meen­te­le­de dan die reg het om die do­mi­nee en sy vrou op húl na­me te noem. Eint­lik is dit die vrou wat dit die mees­te ont­geld.

Ver­staan as­se­blief mooi: Dis nie dat ek re­ken die pre­di­kant­s­paar moet op ’n voet­stuk ge­plaas word, of dat dit af­breuk aan jou as per­soon doen nie, maar die be­gin­sel is nie reg nie. Dit hoort nie so nie. Dis swak smaak. PASTORIEMOEDER, KAAP

MINDER STER­RE EN MEER MU­SIEK

By ons is Die Huis­ge­noot al baie, baie ja­re ’n in­stel­ling. Ek meen eg­ter dat ons teen hier­die tyd al ’n oor­do­sis van die B­rit­se vors­te­huis, Ma­ri­lyn Mon­roe, Sophia Lo­ren en haar klein­goed, die Bur­tons en Ja­mes Bond ge­kry het. En laat prins C­har­les as­se­blief tog self vrou soek en trou. Ons wil nie weer ’n B­rit­se Huis­ge­noot hê nie.

Gee vir ons die le­wens­ver­ha­le en fo­to’s van kom­po­nis­te. Tie­ners hou ook van klas­sie­ke en ligte mu­siek. TOKKIE WIESE, KLERKSDORP

11 JULIE 1985 DALLAS LAAT ’N LEEMTE

Hoe mis ek nie vir Dallas op TV nie! Die sto­rie was mis­kien nie wat­won­ders nie, maar ek het my al­tyd ver­luis­ter aan die ge­sprek­ke tus­sen men­se. Die mooie Jen­na hoef by­voor­beeld maar net voor haar uit te ge­tuur het, en Bob­by was by met: “So­me­thing­wrong? You­wan­na­tal­ka­bou­tit?” Selfs JR het da­rem na Sue El­len ge­luis­ter.

In my huis durf ek nie stil word as iets my pla nie, want dit word sum­mier af­ge­maak

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.