2 AUGUSTUS 2001

Huisgenoot 100 - - Briewe -

ANNA KOURNIWATSENAAM!

Ver­le­de week tel ek my ma se ge­lief­de Huis­ge­noot van sy ge­wo­ne rus­plek op die kof­fie­ta­fel op. Om een re­de: Anna Kour­ni­ko­va. Nog nooit het ek ’n Huis­ge­noot vin­ni­ger deur­ge­blaai om by die ar­ti­kel oor Anna uit te kom nie. Ek lees met y­wer en be­stu­deer die fo­to’s aan­dag­tig. Dis tog ’n aan­trek­likri­ge mei­sie dié, die blon­de bom van Rus­land.

Dan tref iets my oog . . . ’n in­las­brok­kie dat sy la­ter haar bi­ki­ni-top af­ge­haal het en dat Huis­ge­noot in be­sit is van hier­die fo­to’s. Nog iets word ge­noem oor die na­de­li­ge ef­fek wat kaal bors­te op kin­ders het en dan my dood­steek . . . Huis­ge­noot bê­re dié fo­to’s vir ar­gief­doel­ein­des!

Jul­le sa­dis­te! Mar­tel Huis­ge­noot se per­so­neel my en die res van Suid-A­fri­ka se jong mans op­set­lik met die feit dat jul­le half­naak­te fo­to’s van Anna het en ons nie, of is dit al­les net om ons ja­loers te maak?

Hier­die brok­kie in­lig­ting wat jul­le aan die wye pu­bliek ver­skaf het, gee my nou sla­pe­lo­se nag­te, en ek ver­wag op­tre­de van jul kant af. NIEL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.